Lede van die Unieregering-groep op Facebook

Louis Botha

Louis Botha

Louis Botha

Gebore: 27 September 1862.

Negende kind van Louis Botha en sy vrou, Salomina Adriana van Rooyen.

Geboorteplek: Naby Greytown, Natal.

Skool bygewoon: Tuisonderrig asook sowat twee jaar in ‘n plaasskool.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 groot roem as krygsman en opvolger van Piet Joubert as kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) verwerf.

Huwelikstaat: Tree in 1886 met Annie Frances Bland Emmett in die huwelik. Hulle het vyf kinders.

Sy amptelike woning is in Pretoria en hy het ook ‘n plaas naby Standerton in die suidooste van Transvaal waar hy ‘n boerdery aan die gang het.

Sedert 1910 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.

Jan Smuts

Jan Smuts

Jan Smuts

Gebore: 24 Mei 1870.

Die tweede kind van Jacobus Abraham Smuts en sy vrou, Catharina Petronella Gerhardina de Vries.

Geboorteplek: Bovenplaats, naby Riebeeck-Wes, in die destydse Kaapkolonie, wat tans as die Wess-Kaap bekendstaan.

Universiteite bygewoon: Victoria-kollege, Stellenbosch; Universiteit van Cambridge, Engeland.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 bekendheid verwerf as Boeregeneraal en onderhandelaar tydens die vredessamesprekings.

Huwelikstaat: Tree in 1897 met Sybella Margaretha (Issie) Krige in die huwelik. Hulle het ses kinders.

Woon in sy “sinkpaleis” op sy gedeelte van die plaas Doornkloof, digby Irene suid van Pretoria.

Sedert 1910 ‘n kabinetsminister en vertroueling van die eerste minister, Louis Botha.

Deneys Reitz

Deneys Reitz

Deneys Reitz

Gebore: 2 April 1882.

Die derde oudste seun van Francis William Reitz, president van die Oranje-Vrystaat, en sy vrou Blanka Thesen.

Geboorteplek: Bloemfontein, in die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat.

Onderrig: In Bloemfontein ontvang.

Dien dwarsdeur die Anglo-Boereoorlog en maak in die laaste jaar daarvan as lid van generaal Jan Smuts se kommando sy epiese veldtog deur die Kaapkolonie mee.

Huwelikstaat: Ongetroud.

Woon sedert 1908 in Heilbron in die Oranje-Vrystaat.

Bedryf sy eie prokureurspraktyk.

FS Malan

FS Malan

F.S. Malan

Gebore: 12 Maart 1871.

Tweede kind van Daniël Gerhardus Malan en sy vrou, Elizabeth Johanna Malan.

Geboorteplek: Bovlei, naby Wellington, in die destydse Kaapkolonie.

Onderrig: Victoria-kollege, Stellenbosch; Cambridge-universiteit, Engeland.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 as redakteur van die koerant Ons Land een jaar tronkstraf met harde arbeid uitgedien omdat sy koerant die Britse krygsmetodes teen die Boererepublieke gekritiseer het.

Huwelikstaat: Tree in 1897 met Johanna Brümmer in die huwelik. Hulle het vier kinders.

Amptelike woning in Pretoria maar eintlik in Kaapstad gevestig.

Sedert 1910 ‘n lid van die kabinet van die Unie van Suid-Afrika, tans as Minister van Onderwys en van Mynwese en Nywerheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.