Blou Sjokolade

Christien Neser

Dolgelukkig.
Dit is hoe Elle deesdae voel. En sy is nie verniet in die sewende hemel nie:
1. Sy is amptelik verlief.
2. Sy het vrede gemaak met haar nuwe skool.
3. Sy het ’n kamermaat saam met wie daar nie een vervelige oomblik is nie.
4. Sy speel in ’n briljante orkes.
5. En beste van alles, sy gaan binnekort oorsee! Sy kan nie wag om Frankryk te verken nie. Parys se modehuise; Angers se beroemde blou sjokolade …

Maar dan loop dinge onverwags skeef. En in plaas daarvan om die strate van Parys plat te loop, moet Elle haar lelike stapstewels uitgrawe vir ’n staptog van ’n heel ander aard … een wat definitief nie vir sissies bedoel is nie.

Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese tienerreeks oor Elle Kroon se avonture. Die vorige twee boeke is Kondensmelk en Koshuiskoffie. Die boeke volg op mekaar, maar kan ook as enkeltitels gelees word.

In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen …

Oor die outeur
Christien het grootgeword in Bloemfontein en Pretoria. Sy woon tans saam met haar man in Sandton. Sy het ’n pro bono spraakterapiepraktyk en hou haar ook besig met toetsing, voorligting en terapie by ’n plaaslike laerskool. Christien is baie lief vir haar drie kinders en haar hond, en leer al 30 jaar lank Frans.

Uitgewer: Lapa
Prys: R90-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.