Nuwe boek: Die gewildste Afrikaanse gedigte

Saam gestel deur Leserskring

Leserskring het in samewerking met By en RSG hul lede, lesers en luisteraars gevra om vir hul gunsteling gedigte in Afrikaans te stem. Hierdie boek bevat die 100 gewildste gedigte, soos aangewys deur liefhebbers van die digkuns uit alle uithoeke van die land, oud en jonk.

Die versameling bevat ‘n wye verskeidenheid poësie, deur digters soos Eugène N. Marais, Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, N.P. van Wyk Louw, A.G. Visser, Lina Spies, D.J. Opperman en Adam Small. Dit is ‘n onteenseglike bewys dat dié woordkuns steeds ‘n plek het in die harte en huise van Suid-Afrikaanse lesers.

Uitgewer: Human & Rousseau
prys: R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.