Ek dare jou…leef voluit!

Dieter Voigt

“Hierdie man praat ons taal! Só sal baie jongmense van Dieter Voigt se eerste en nuwe boek, Ek dare jou… leef voluit!, sê. Dieter is nie net ‘n Pasella aanbieder nie. Hy skryf en hy reis en hy doen! Hy lééf in hierdie wêreld saam met (jong)mense. Sy vyf jaar onderwysgee maak van hom iemand wat weet hoe jongmense se koppe werk: hy praat saam met hulle en is nie prekerig nie. Dieter is ʼn rolmodel vir tieners in meer as een opsig; hy is nie te cool om te erken dat hy en “twee tjommies” met hulle Bybels en notaboek “afgesit het na die strand nie”. Hy sê dat ná ʼn tyd “vergeet jy van al die mense en God se strome blessings voer jou weg”.

Hy is egter cool genoeg om ekstreme sport soos parkour en free diving te doen, van hoë kranse af te spring en oor ʼn balk 15 meter bo die grond te loop; hy leer ons wat dit beteken om groen te wees en gee wenke om die Bicycle Crunch vir plat abs te doen. Weet jy wat ʼn “pedometer” is; hoe om free radicals met antioksidante te beveg; dat jou liggaam uit ongeveer 60% water bestaan; hoeveel kalorieë jy daagliks verbrand; die skade wat ultravioletstrale doen; en en … nee wat, lees liewer self die boek en word “with it”. Ek dare jou… leef voluit! is ‘n boek wat Ma (en Pa!); Ouma (en Oupa!) vir elke tiener in die huis móét koop. Elke tiener móét lees.

Oor die outeur
Dieter Voigt het by die destydse Onderwyskollege op Wellington studeer en vyf jaar lank onderwys gegee. In sy laaste week van studies het ʼn motiveringspreker die studente toegespreek en hulle meegedeel “dat sy generasie sewe keer van beroep gaan verander en dat die laaste drie beroepe nog nie eens bestaan nie”. Dit skyn asof Dieter vinnig besig is om hierdie profetiese woorde waar te maak. In 2007 het hy die Mnr Suid-Afrika kompetisie gewen. Hy is ʼn gewilde aanbieder op Pasella en deeltydse model. Nou skrywer.

Uitgewer: Naledi
Prys: R109,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.