Deon Opperman
Deon Opperman, bekende dramaturg, regisseur en vervaardiger van bekende teater- en filmproduksies soos Ons vir jou, Tree Aan! en nou ook Donkerland wat op kykNET uitgesaai word, het sopas sy eerste bundel met Afrikaanse kindergediggies vrygestel.
“Dit was al lank my voorneme om ‘n nuwe bundel Afrikaanse gediggies vir die kleinspan te skryf van ouderdom drie tot agt jaar,” skryf Opperman. “Gediggies soos ek in my kinderjare geleer het soos “Alleen moet ek bed toe gaan, dis donker in die gang…” en “Muskiet”.”
Goggagedigte is nou gepubliseer met illustrasies deur Johan Scholtz.
“Ek het ook laat my ontwerper buitelynsketse van al die illustrasies skep wat dan agter in die bundel, na die gedigte, aangebring is sodat die kinders die prentjies dan self kan inkleur,” verduidelik Opperman verder.
Klik hier om een van die gedigte, Spinnekop, te lees.
Klik hier om die bundel teen R124 te bestel.
Ek wil Goggagedigte bestel, klik op die link maar niks gebeur. Hoe moet ek te werk gaan om te bestel ? asseblief