Boek: Louis Tregardt se dagboek 1836 – 1838

Tregardt omslag voor finaal

Jackie Grobler

Louis Tregardt is die enigste Voortrekker wat van sy trek dagboek gehou het. Dit bevat die binneverhaal van ‘n klompie pioniers wat die noordelike Drakensberge na Mosambiek suksevol met nege ossewaens oorgesteek het. Geen voertuig kon hulle dié prestasie sedertdien nadoen nie. Daarby is die dagboek ook ‘n oorspronklike opgaaf van die daaglikse lewe op trek, die praktiese uitdagings, klimaatsomstandigde, omgewing, veetoestande en kontak met ander groepe en individue.

Die dagboek is van die oudste en belangrikste dokumente in die wordingsgeskiedenis van Afrikaans, en nou vir die eerste keer in verstaanbare Afrikaans beskikbaar. Met die medewerking van prof. Christo van Rensburg, ‘n taalkundige én Tregardt-kundige, is histories belangrike stelwyses behou. Vir die eerste keer, sê Van Rensburg, verstaan hy Tregardt nou régtig!

Met verklarende aantekeninge deur die historikus Jackie Grobler word die moderne leser moeiteloos ‘n verlore wêreld binnegenooi. Daar is ook ‘n volledige naamlys van almal op trek, asook diegene met wie die Trekkers in aanraking gekom het.

Tregardt skryf onbeskroomd en pittig oor sy geselskap se swakhede en durf, hul gewoontes, persoonlikhede en streke. Sommige, soos die kwaai weduwee Scheepers, en Tregardt se geliefde Martha, vergeet mens nooit. Die dagboek bevat ook van die oudste en aangrypendste liefdesliteratuur in Afrikaans.

Louis Tregardt se dagboek is ‘n menslike verhaal van ‘n heroïese en tragiese reis. Dis die storie van gewone mense wat die verste grens oorsteek.

Hierdie inligtingstuk is opgestel deur Theresa Papenfus van Litera Publikasies.

Uitgewers: Litera Publikasies
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Die boek is beskikbaar by alle goeie boekhandelaars. Bestellings kan geplaas word by On the Dot. Stuur ‘n e-pos na [email protected], skakel 021 918 8810 of stuur ‘n faks na 021 918 8815.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.