Dryfhout

Chanette Paul

Die magiese realisme wat onderliggend aan Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer was, word voortgesit en voltrek in Dryfhout. Dryfhout is Chanette Paul se vier en dertigste boek. Dit is ook die laaste boek in die Gys Niemand-reeks. Die legende van die visvrou, Annie Niemand, word uiteindelik ontrafel aan die hand van dagboeke wat die hoofkarakter, Aengel, van haar voorsaat Angelique d’Avignon erf. Hoewel daar heelwat sub-plots is, knoop alles uiteindelik aan die hooftema: die vloek wat Annie Niemand oor die Niemands en hulle nasate uitgespreek het, en die gevolge daarvan. Dit is hierdie vloek wat gelei het tot die eienaardighede van die Niemandsdorp-omgewing en sy mense soos dit in al die Gys-boeke na vore kom. In Dryfhout volg Aengel Annie se spoor vandat haar skip met haar bruidskat op Kierangbaai gestrand het tot en met haar dood in Franschhoek.

 

Oor die outeur

Chanette Paul woon op Stanford in die Overberg. Sy is dol oor lees en musiek en het ’n passie vir swem, snorkel en walviskyk. Sy is lid van die International Thriller Writers van die VSA en die Afrikaanse redakteur van Crime Beat. Haar tweede boek in die Gys Niemand-reeks, Boheem, was ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningsromans in 2010.

 

Uitgewer: Lapa Uitgewers

Prys: R190,00*

* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.