Kopreis

Gerrit Rautenbach

Elke reis het ’n storie en elke storie is ’n reis. Want wat is ’n reis? Dis sekerlik wanneer ’n mens van A na B beweeg, ’n tog van een plek na ’n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer ’n mens een plek en ’n ander plek? En hoe definieer ’n mens “beweeg”? Konvensioneel gesproke beweeg ’n mens met die een of ander vorm van vervoer. Van voete tot fietse tot treine tot viertrek-voertuie tot vliegtuie. Soos jy aanskuif, gebeur dinge langs die pad. Word jy blootgestel aan ander plekke, mense, sienswyses en gewoontes. ’n Magdom interessanthede. Interessanthede wat ’n storie word om te vertel. Dit verteenwoordig fisiese reise waar jy moet wýd kyk. Minder konvensioneel kan ’n mens ook sê jy beweeg aan in jou denke. Sonder om fisiek van een plek na ’n ander te beweeg, beweeg jy in jou ervaringsveld. In jou kennis van jouself, die lewe en die mensdom om jou.

Kortom, solank jy lewe, reis jy. Dis ’n reis in jou kop waar jy moet skerp kyk. En dis net so ’n goeie storie om te vertel.

Oor die outeur
Gerrit Rautenbach is ’n onrustige reisiger, reisskrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke geslaap het. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy het al meer as twintig reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit om oor die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië te berig. Hy het die heel eerste Suider-Afrikaanse Avontuurgids saamgestel, was die stigtersredakteur van Mooiloop, het ’n aanvallende boerbok in Malawi ore aangesit en op ’n keer het ’n olifant sy lemoene uit sy daktent gevreet. Terwyl hy besig was om ’n storie te skryf. In die tent. Deesdae bly Gerrit saam met sy geliefde KTM-motorfiets in Stellenbosch.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R175,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.