Groot Verseboek Deel 2

André P. Brink

Die tweede deel van Groot Verseboek stel ’n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau – Ingrid Jonker – Wilma Stockenström – Antjie Krog … naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small – Peter Blum – Breyten Breytenbach …

Oor die outeur
André Philippus Brink is op 29 Mei 1935 op Vrede in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1952 aan die Hoërskool Lydenburg en gaan studeer BA op Potchefstroom. Hy behaal beide sy MA-graad in Engels (1958) en Afrikaans (1959) cum laude. Hy vertrek hierna na Parys in Frankryk, waar hy vergelykende literatuur aan die Universiteit van die Sorbonne studeer. In 1961 word hy aangestel as lektor in die Departement Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van Rhodes op Grahamstad. In 1962 verskyn Lobola vir die lewe wat as sy eintlike debuut beskou word. Hy was saam met Breyten Breytenbach een van die sleutelfigure in die Sestiger-beweging. Hy was van 1980-1990 die hoof van die Departement Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van Rhodes. Daarna word hy by die Departement Engels aan die Universiteit van Kaapstad aangestel, en tans is hy emeritus-professor in Engels aan dieselfde universiteit.

André P. Brink is een van die mees veelsydige figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus en akademikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal, insluitend Serbo-Kroaties, Japannees, isiXhosa en Vietnamees. Hy is reeds twee keer met die Hertzogprys bekroon (2000 en 2001).

Uitgewers: Tafelberg
Prys: R245,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.