Resepteboek: 7de Laan vier fees!

7de laan vier fees

In samewerking met Danie Odendaal Produksies en die SAUK

Die trots-Suid-Afrikaanse suksesstorie van 7de Laan is welbekend: sedert die reeks 12 jaar gelede vir die eerste keer uitgesaai is, het dit ‘n lojale en passievolle gehoor gelok. Die reeks is tans een van die gewildste op plaaslike televisie en word elke weeksdag deur sowat 1.2 miljoen mense gekyk, oor alle rasse en tale heen.

Die eerste 7de Laan-kookboek was drie jaar gelede ‘n reuses-sukses. Die boek, in Afrikaans en Engels, was deel van talle Kers- en einde-van-die-jaar promosies deur verskillende handelaars. Sedertdien het sowel boekhandelaars as kopers gevra vir nóg! Met die verskyning van 7de Laan vier fees! word hieraan gehoor gegee.

Hierdie keer is die boek gebou rondom al die feestelikhede en vierings in die Laan. Ons weet hoe lief die mense van Hillside vir partytjies is, en dis alles hier: die respte vir die safari-ete wat onlangs gebeeldsend is; Errol se 21ste verjaardagparty; die verskillende karakters se gunstelinge wat hulle gemaak het vir die kerkbasaar; en lekker rugby-kyk resepte vir die mans en dames soos gewys in die reeks.

Jy kan elke dag voel of jy feesvier. Vind inspirasie en kook soos jou geliefde ster uit die Laan – dié kookboek is vir alle fans en vir al ons land se smulpape!

Oor die outeur:
Soos met die vorige 7de Laan-kookboek, het die draaiboekspan van Danie Odendaal Produksies seker gemaak dat alle resepte in die karakters se oorspronklike stemme weergegee word. Elke karakter se persoonlikheid en geite is duidelik te sien in hoe hulle hul resepte verduidelik en aanbied, van Oubaas se idiosinkratiese Afrikaans en Matrone se spoggerigheid en pogings om uit te troon tot Errol se kontemporêre straat-Afrikaans.

Al die geleenthede wat in die boek gewys word is spesiaal in die reeks ingeskryf om groter outentiekheid aan die resepte te verleen. Die meer as ‘n miljoen aanhangers van die Laan sal hul gunstelingkarakters hier herontmoet – en saam met hulle kan feesvier!

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.