Ingrid Vander Veken
My naam is Marthe. En hierdie is die ware verhaal van my en my olifant.
Marthe is ‘n Franse meisie wat saam met haar ouers en haar sussie in China bly. Vir haar agtste verjaardag kry sy ‘n ongewone geskenk – ‘n baba-olifant! Sy naam is Sam en kort voor lank is die twee van hulle onafskeidbaar. Sam bly in die tuin en hy hou daarvan om saam mark toe te gaan, waar hy self vir hom geskilde piesangs koop. Maar op ‘n dag gebeur daar iets wat alles verander…
Hierdie boek is gegrond op die ware verhaal van ‘n meisie wat meer as ‘n eeu gelede met haar olifant van China na Frankryk moes reis.
Oor die outeur:
Die Belgiese skrywer Ingrid Vander Veken woon en werk steeds in haar geboortestad, Antwerpen. Daar het onder meer vier romans, twee kortverhaalbundels en twee kinderboeke uit dié veelsydige skrywer se pen verskyn. Vander Veken is ook ‘n gerekende joernalis wat bydraes vir verskeie koerante asook TV- en radiostasies lewer. Sam is bekroon met ‘n Boekenwelp-toekenning, benoem vir ‘n Gouden Uil en deur die Belgiese Kinder- en Jugdjury vereer. Haar outobiografiese roman vir volwassenes, Papawers, is onlangs deur Lapa Uitgewers in Afrikaans gepubliseer.
Uitgewer: Lapa
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering