Niklaas van Rensburg: Die Siener

Niklaas van Rensburg: Suid-Afrika se Christelike mistikus

Niklaas van Rensburg, die Siener, fassineer die Afrikanergemeenskap vir reeds meer as ’n eeu. Hierdie swygsame, halfdroewe man met die oë wat so ver kon sien, was met die gawe van profesie, maar ook met ’n wonderlike liefde vir sy naaste en vir sy volk geseën.

Professor Andries Raath het ’n omvattende studie van dié profeet gemaak, vanaf die Siener se voorgeslagte tot met sy dood. Hy plaas die Siener teen die agtergrond van sy gesinslewe, sy godsdienstige omgewing, die pioniersgemeenskap in die Wes-Transvaal waarbinne hy geleef het, die veldslae tydens die Anglo-Boereoorlog en die epiese tog na Suidwes in die Rebellie van 1914–15, sy verbintenis met generaal De la Rey, dié se dood en die Siener se beproewende gevangenskap ná die Rebellie.

Die Siener se visioene word in besonderhede weergegee, asook die tyd en die omstandighede waaronder hy dit ontvang het. Die ryk oes aan fotomateriaal – waarvan sommige nog nooit gepubliseer is nie – maak van hierdie boek die volledigste wat daar nóg oor die Siener verskyn het en bied ’n insiggewende beeld van ’n merkwaardige mens wat ’n groot invloed op sy tydgenote en nakomelinge uitgeoefen het.

“Hierdie boek is bedoel vir hulle wat die konteks en inhoud van die Siener se beskrywings wil verstaan sodat ons die reis na die geestelike bewussyn van die Siener kan onderneem” – A.W.G. Raath.

Oor die outeur
Professor Raath is ’n senior professor in regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy besondere belangstelling is regsgeskiedenis, regsfilosofie en die geskiedenis van pioniersgemeenskappe.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R345-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.