Snydokter

Leon van Nierop

Snydokter is in die eerste plek ‘n spanningsroman deur een van ons land se bekendste skrywers, Leon van Nierop. Maar dis meer as ‘n roman. Dis ook die resultaat van ‘n sosialmediaveldtog waarmee LAPA uitgewers se reklameagentskap twee Pendorings gewen het.

Die roman het onstaan as deel van Die hoofkarakter-veldtog in 2012. Die publiek is uitgenooi om raaisels te ontrafel na aanleiding van leidrade wat via sosiale media netwerke en ander media bekend gemaak is. Die doel was om ‘n hoofkarakter uit die werklike lewe vir die roman te kies. Maar die uiteinde was dat Leon van Nierop drie wenners uit die meer as 850 inskrywings gekies het- waarna een die hoofkarakter en twee die newekarakters is.

Snydokter handel oor die geheimsinnige plastiese sjirurg dokter Renzo Hattingh wat sy praktyk verlaat en al sy vriende vaarwel toeroep nadat ‘n ontrimpelingsoperasie skeefloop. Die drie wenners, Monique Bisschoff, George Kellerman en Rozanne Kotzee, span nou elke stukkie vernuf in om die dokter op te spoor. In die proses smee hulle vriendskapbande en takel hulle hierdie raaisel met aansteeklike sin vir humor. En, belangrik, hulle gebruik die sosiale media daarvoor.

Dit blyk dat daar meer agter Renzo Hattingh se verdwyning sit as om bloot te vlug na slegte publisiteit en die leser kom mettertyd agter hoe magtig die sosiale netwerke is.

Die soektog neem die drie wenners deur Johannesburg se vermaakliksheidsbedryf, ryksmansbuurte en eindig in die platteland waar dit ‘n dramatiese en verrassende klimaks bereik.

Oor die outeur:
Leon van Nierop is ‘n bekroonde skrywer wat reeds 26 romans geskryf het, asook verkeie radioverhale, Tv-reekse en dramas, ‘n kabaret, bindingstekste vir musiekopvoerings, rolprentdraaiboeke, rubrieke, boek – en rolprentresensies, kortverhale en akademiese werke. Hy het die Caxton-toekenning al twee keer ontvang as beste skrywer en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG/SANLAM- radiodramaskryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit Ballade vir ‘n enkeling en Wolwedans in die skemer in. Laasgenoemde is ook baie suksesvol op die rolprentkringloop vertoon. Hy het die kykNET-sepe Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal stralerjakkers. Van sy bekendste romans is Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Verklikker. Vuurvreter was ‘n finalis in die ATKV-woordveertjie vir spanningsromans in 2011. Leon was byna vier jaar lank hoof van die Filmskool by TUT in Pretoria en spesiale professor in filmstudie. Hy werk tans aan sy volgende draaiboek.

Uitgewer:LAPA uitgewers
Prys: R195.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.