Vuilspel

Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard het reeds met haar deduut, Troos vir die gebrokenes, aandag getrek toe sy met die Jan Rabie Rapport-Prys in 2010 bekroon is. Haar tweede roman, Vuilspel, is pad gepubliseeren is ‘n speurverhaalmet bemagtige vroue in die hoofrolle. Nicci de Wee is ‘n speurder. Haar vriendin, Sally is ‘n priester. Thandi is ‘n sjef, haar lewensmaat Jet ‘n voedseltegnoloog. Wanneer Thandi se erg verminkte lyk op ‘n stuk veld gevind word, is die druk op Nicci de Wee en haar kollegas om die moord op te los groot, veral komende van hule eie kommissaris, ‘n ongewilde man met politieke aspirasies. Dit raak al hoe duideliker dat die moord ‘n verreikende uitwerking op die vriendekring het. Leidrade is egter skaars en die gemeenskap leef in vrees as gevolg van intimidasie. Die motief vir die moord op Thandi word duidelik wanneer dit blyk dat sy deur ‘n bende verkrag is omdat sy gay was. Die roman pak die onderwerp van “korrektiewe verkragting” en is die eerste boek in Afrikaans waar bruin gay vroue sentraal staan.

Oor die outeur:

Bettina Wyngaard het in Grabouw grootgeword en woon steeds in die Overberg. Sy het regte aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer, waar sy ‘n B.A. en LLB behaal. Hierna werk sy as prokureur. Sy is bekroon met die Jan Rabie Rapport-Prys vir haar eerste boek, Troos vir die gebrokenes.

Uitgewer: Random House Struik, Umuzi
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.