Nuwe boek: Die Uitsonderlike Snowflake Versameling

Heilie Pienaar

Daar is niks meer genotvol as die aroma en smaak van varsgebak nie. Die Uitsonderlike Snowflake Versameling sluit ’n aantal vinnige en maklike resepte in, vanaf klassieke gunstelinge tot opwindende happies sodat jy die plesier van bak in jou eie huis kan ervaar.

Die leser sal nie net slegs tradisionele Suid-Afrikaanse resepte wat ons oumas gebak het op die proef stel nie, maar ook met meer byderwetse bakgiere kan eksperimenteer deur bestanddele soos gedroogde bosbessies en tamaties te gebruik. Heerlike eiervrye sponskoeke en resepte vir spesifieke dieetvereistes word ook ingesluit.

Basiese vaardighede en maklik beskikbare bestanddele word benodig om hierdie resepte op die proef te stel. Dit is nie nodig vir duur toerusting of bestanddele nie en tog is daar soveel nuwe, opwindende idees en resepte om jou te inspireer.

Vir groentjies in die kombuis is daar vele basiese tegnieke, praktiese wenke en variasies wat jou sal help om elke keer heerlike varsgebakte produkte, soet en sout, te maak.

Uitgewer: RandomHouseStruik
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.