Die maan sal Vrydag 82.3% vol wees (maanopkoms is om 16:23 en sonsondergang is om 19:50). Saterdag sal die maan 89.5% vol wees (maanopkoms is om 17:12 en sonsondergang is om 19:50). ‘n Begeleide toer van die monument sal om 18:30 en weer om 19:30 aangebied word, en die monument sal tot om 22:00 oop wees. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of [email protected]). Volksmond sal tot om 22:00 oop wees vir koffie en ligte verversings.
Die toegangsfooi by die hek beloop R15 vir volwassenes, R10 vir studente en R5 vir kinders. Geen besprekings is nodig nie. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Die laaste volmaanpiekniek vir dié somerseisoen vind plaas op Vrydag 9 Maart.
Die monument sal in die somerseisoen vanaf Oktober tot Maart 2011 tot 20:00 oop wees. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 872 3441 of besoek www.taalmonument.co.za.
Goeiedag
Dit is ‘n pragtige etiket vir ‘n wynbottel. Is dit al gebruik in SA? Wie is die kunstenaar? Hoor graag van julle.
Francois Smith