Wendy Maartens
- In watter land kan jy ongeveer 700 verskillende tale hoor?
- Waar ry die ministers soms met fietse parlement toe?
- Watter land is so groot dat dit sewe dae per trein neem om van oos na wes te ry?
- In watter Suid-Afrikaanse dorp het die polisie op kamele gery?
- Watter provinsie in Suid-Afrika is die grootste?
Verken die wêreld met hierdie prettige volkleur-atlas! Propvol fantastiese feite oor al die vastelande, en oor Suid-Afrika en sy nege provinsies.
EKSTRA! Muurkaart van Suid-Afrika
Oor die outeur:
Wendy Maartens het grootgeword in Worcester, waarna sy in George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans in Melkbosstrand. Sy put vreugde uit die klein singe in die lewe en is ontsettend dankbaar vir haar vriende en familie. Haar werk sluit in Lena se bottelboom, ‘n Ster met strepe en Sprokies en ander gunsteling-stories.