Roekelose motorbestuurder – ‘n gelowige én goedgelowige mens. (Hy/sy glo iemand sal na hom/haar omsien.)
R50-noot – ‘n pretensieuse stuk pienk papier waarvan pryse kleingeld maak.
Sensor – iemand wat weet wat ek en my kinders nie moet weet nie.
Spesialis – iemand wat al meer en meer weet oor al minder en minder, totdat hy/sy alles weet oor niks.
Suid-Afrika – land met soveel goeie dinge: die sonskyn, die berge, die vlaktes, die strande, die fynbos, die wildlewe… Die burgers kan nie goeie politici óók nog wil hê nie.
Swakkere geslag – die sterker geslag, vanweë die sterker geslag se swakheid vir die swakkere geslag.
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998