Geheime van sukses

Die Sfinks het gevra: Wat is die geheim van sukses?

En die Almanak het geantwoord: Bly op datum.
En die Bergspits het geantwoord: Sorg dat jy uitstyg.
En die Besem het geantwoord: Vee weg alles wat in jou pad kom.
En die Boek het geantwoord: Bly op die hoogte.
En die Domino het geantwoord: Sorg dat jy presies weet waar jy inpas.
En die Doringdraad het geantwoord: Moenie laat slaplê nie, al gaan dit ook klereskeur.
En die Duim het geantwoord: Wees uniek.
En die Duimspyker het geantwoord: Hou kop.
En die Gebou het geantwoord: Staan stewig.
En die Gom het geantwoord: Kry ‘n goeie ding en klou daaraan vas.
En die Grap het geantwoord: Behou jou sin vir humor.
En die Horlosie het geantwoord: Moenie agterraak nie, want dan haal jy nooit weer in nie.
En die Kam het geantwoord: Behou al jou tande.
En die Kamera het geantwoord: Fokus eers goed, en skiet dan.
En die Knoppie het geantwoord: Druk.
En die Knoop het geantwoord: Moenie los rondhang nie.
En die Koeël het geantwoord: Wees blitsig.
En die Koevert het geantwoord: Noem ‘n ding op sy regte naam.
En die Kompas het geantwoord: Hou koers.
En die Leer het geantwoord: Hou aan klim.
En die Lepel het geantwoord: Bly skep.
En die Mes het geantwoord: Bly skerp.
En die Mikrofoon het geantwoord: Laat gedurig van jou hoor.
En die Mikroskoop het geantwoord: Gee aandag aan die klein dingetjies.
En die Motorenjin het geantwoord: Moet nooit lank net luier nie.

(word vervolg…)

Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.