Gerrie vs. Barry?

gerrie vs barryDie radiostasie 94.7 het onderskeidelik kletsrymliedjies vir die staatsaanklaer Gerrie Nel en advokaat Barry Roux saamgestel. Watter liedjie verkies jy? Sê vir ons hieronder in die kommentaar.

Klik hier vir meer inligting oor Nel se liedjie en klik hier vir meer inligting oor Roux se liedjie.

LET WEL: Maroela Media poog nie om ‘n saak vir of teen die moordbeskuldigde Oscar Pistorius te skep nie. Hierdie meningspeiling is bloot tong-in-die-kies vir die verskille tussen die liedjies oor die staatsaanklaer en die verdedigingsadvokaat.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annatjie ·

Ek dink persoonlik dat altwee hierdie liedjies nie van pas is nie. Mense moet ophou om te oordeel, net God alleen mag oordeel, ek bid vir beide die famielies en Oscar wat hier betrokke is en glo dat God die regte uitspraak via die regter sal gee. Oscar jy bly in my gebede vas staan in die geloof, net jy en God weet wat daardie nag gebeur het en weet dat al hoe druk Adv. Nel jou hou by dit wat jy alleen weet en hoe jy dit ervaar het want God weet ook wat gebeur het. Ek staan agter jou en Avdv. Roux my bede is elke dag saam metm julle. Sterkte daar.

GORDON ·

Hoe dan nou Annatjie? Is jy nie nou besig om mense te beoordeel / veroordeel wie hulle Grondwetlike menseregte uitoefen deur in debat te gaan oor ‘n baie aktuele kwessie nie ?

Elke Magistraat oordeel en veroordeel mense daagliks. Die voorsittende Regter My Lady / Your Worship, soos wat ons verplig is om die hoggere mense in ‘n landdros hof aan te spreek, sy is besig om vir Oscar te beoordeel en daarna gaan sy hom veroordeel. En hy gaan skuldigbevind word en sy gaan hom Straf.

Dit veroorsaak net verdeeldheid om geestelike normes en geloofs verskille voor te hou tydens sulke debatte. Dit is so uit soos Kerk en Politiek praat in ‘n Bar. Elke ou wie kommentaar lewer op enige blad tov hierdie of enige ander saak, is besig sy insette te basseer op ondervinding wat spruit uit die SA Straf- en Strafprosesreg. Niemand is besig om enige Geskrifte aan te vat of die families aan te vat nie.

ANNATJIE EK VERTROU JY SIEN MY INSET AS POSITIEF BEDOEL.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.