Basson se argumente rondom Steve se Stem tas mis

Voorwoord deur dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK:

Hierdie brief aan Beeld is deur ‘n briljante 17-jarige matriekseun van Komatipoort geskryf na aanleiding van “Die Stem”-debat. Beeld het nie die jong seun se brief geplaas nie. Hy het hom egter nie deur die koerant se subtiele sensuur laat stilmaak nie. Die seun het die brief toe op Facebook geplaas vir almal om te lees.

Die seun se generasie is in 1996 gebore, hulle was maar twee jaar oud toe Mandela as president afgetree het en hulle politieke bewussyn is onder Jacob Zuma se regering ontwikkel. Terwyl ouer Afrikaners wroeg oor apartheid, die verlede, die grensoorlog en alles nog wat, het jong Afrikaners ‘n heeltemal ander uitkyk op die verlede en die toekoms.

In die brief is meer kulturele volwassenheid as wat ek nog in enige ander standpunt oor “Die Stem” gelees het. Wie toekomsgerig wil lewe, moet ‘n oor ontwikkel vir jongmense se siening van sake. Dit is vir my deesdae baie makliker om na jongmense se standpunte te luister as na die oorsensitiewe geteem oor ‘n verlede wat vir altyd verby is.

Die 17-jarige Frederik van Dyk skryf:

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

“Het ons moed opgegee?” deur Adriaan Basson (Beeld, 7 Julie) het betrekking.

Hopelik is my brief die laaste rakende die onbenullige geteem rondom die sing van Die Stem deur duisende Afrikaners by vanjaar se Innibos.

Die argumente is gehoor: Die Stem is ‘n onskuldige volksliedjie. Maar dit het apartheidspatsels. Maar dis sonder haatspraak. Maar dis opruiend…en, en, en.

Ons kan vir ewig debatteer oor die morele waarde rondom die sing van die ou volkslied. Ek respekteer Beeld-redakteur Adriaan Basson se mening dat die lied eerstens nog apartheidskonnotasies het, en hoor ook sy vrese dat die sangers dalk op dié manier hul misnoeë met die reënboognasie te kenne gee. Ek sien egter twee grondige foute in sy argumente.

Eerstens is dit foutief om afleidings te maak rondom die motief vir die sing van Die Stem: daar was 45 000 Afrikaners en Steve Hofmeyr. Hofmeyr het sy verskeie redes wyd bekend gemaak. Die 45 000 ander se redes weet ons nie en kan ons nie opsom nie – daar is geen manier dat hul motief dus as “rassisties” “behoudend” of selfs “gematig nasionalisties” of enigiets anders bestempel kan word sonder om te veralgemeen en sodoende te diskrimineer nie, aangesien elke individu dalk ander motiverings gehad het om saam te sing! Dit duik op in Basson se argumente, maar selfs meer prominent in dr. Piet Croukamp se ondeurdagte reaksies.

Die belangrikste hier is dat beide Steve en die skare se optrede totaal binne die perke van grondwetlike spraakvryheid val, aangesien daar nie ‘n kriesel haatspraak in die Stem is nie – Basson het immers self die mooi, vreedsame lirieke saam met sy artikel gepubliseer.

Tweedens is dit verstaanbaar dat sommige mense mag aanstoot neem, omdat Die Stem die konnotasie van apartheid dra. Ongelukkig dra hierdie argument van Basson geen water nie, aangesien hierdie gevoelens bitter subjektief relatief tot die inhoud en betekenis van Die Stem is. Selfs al voel die meerderheid van die land die lied dra “baggage”, maar daar is geen haatspraak in nie, mag dit gesing word. Punt. Konnotasies sonder ‘n direkte verband met die wese van die simbool kan mos onmoontlik net “verban” word! Dit ruik sommer na anti-demokrasie.

Die argument van Basson klink besonder baie na Cosatu se belaglike vergelyking tussen Bokkaptein Victor Matfield se kamoefleer-skrumpet en die kepse van die apartheidpolisie…

Daar was moontlik regses wat hatige motiverings gehad het oor die onlangse dilemma. Maar daar was ook duisende wat net hul grondwetlike regte van spraakvryheid, vryheid tot kultuur van hul keuse en vryheid van assosiasie uitgeleef het. Mnr. Basson, dr. Croukamp en ander: ons hoor julle, maar julle besware is misplaas. Hierdie is demokratiese, grondwetlike Suid-Afrika, nié polities korrekte vertrap diversiteit Suid-Afrika nie.

Lees ook:
Jongmense kan nou ook hul stuiwer in die armbeurs kom gooi
Só help ek die taal leef
Ja, God bestaan en ek ken Hom
Taalmoord ons voorland as ons nie baklei nie

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Rian van Jaarsveld ·

En daarin lê dit. Hoekom moet ons heeltyd op eiers loop.
Se hulle reguit dis reg.

Alta ·

En dalk het die 45 000 duisend maar net gesing omdat dit vir hulle lekker is, en omdat dit ‘n heerlike, pragtige lied is om te sing. Dankie, Frederik, ek hoop ons hoor nog baie van jou.

Ron Reynolds ·

Ek het af en toe die debat oor die sing van Die Stem gevolg en, om die waarheid te sê, sien ek geen problem daarmee nie. Ek stem saam dat dit ‘n pragtige lied is en rol maklik van die tong af wanneer dit gesing word. Nêrens word daar na enige politieke organisasie verwys nie. Daar word slegs beloof om ons land lief te hê en te beskerm. Ek kan wragtig nie sien hoe enige regdenkende mens beswaar daarteen kan hê nie wanneer daar aldus beloof word nie.

En die feit dat dit volklied was tydens die apartheidsera verander niks aan die belofte nie.

Ek wonder of die Amerikaanse slawe ook so oor die Star Spangled Banner gevoel het nadat hulle vry verklaar is.

Carin ·

Uitstekend gestel jong man! Jy slaan die spyker op die kop. Ek stem volmondig met jou saam.

Bernard Swanepoel ·

Groot woorde van ‘n objektiewe jong man. Mooi gedoen seun.

Amanda ·

Viva….! Briljant seuna…mens kam net trots wees op jou en n toekoms sien met mense soos jy!

Chris du Plessis ·

Uit die mond van die suigeling…

Ek vemoed dat Basson, Croucamp en ander liberaal verkramptes eerder hul eie verwronge agenda bedryf as om objektief oor die saak te wees of hulle het vas gehaak in die ou apartheid Suid Afrika waarvan hulle self nie kan wegkom nie en ook nie ander wil toelaat om verlos te wees nie.

Mark Smit ·

Briljant!!! Slaan Frederick die spyker op die kop. Jack the Ripper en baie ander reeks moordenaars het messe gebruik tydens hul wrede slagtings. Moet ons nou alle messe op aarde verban omdat daar ‘n “konnotasie” was tussen messe en die dood en moord?

My ouma Smit se oom was die digter Dr. AD Keet. Sy het as kind op CJ Langenhoven (skrywer van Die Stem) se skoot gesit en hy het vir hulle baie stories gelees. Haar oom (Keet) en hy (Langenhoven) was huis vriende en ook altwee bekende digters. Hulle was nie moordenaars nie, maar dood gewone mense wie Suid Afrika asook Die Lewende God onsaglik lief gehad het.

Dit maak nie saak watse kunstenaar Die Stem sing vanaf ‘n verhoog of in ‘n pub nie (en glo my daar is BAIE – selfs anderskleurige kunstenaars) ek sal elke keer uit volle bors saamsing.

Hennie Bothma ·

Dis nogal opvallend dat Beeld deesdae al hoe dunner word en dit terwyl die koerant al duurder word. Mens wonder nogal waarom!

Peter Steenkamp ·

Ja die redakteur vrees seker sy job,,hy is n lafaard ja,,maar selfs die black panthers kan van amerika af kom en openlik publiseer hoe hulle SA swartes sal leer hoe om blankes te vermoor,,maar ons as Afrikaner Volk kan nie eens ons geliefde Volks lied sing wat geen haatspraak bevat nie,,die beeld moet net geboikot word want hulle is net swart gatkruiupers

Peter Steenkamp ·

verwyder maar as julle so voel,,,maar dis hoe ek voel

Alton ·

Julle Afrikaners praat altyd so mooi en klink altyd so slim in julle denkwyse. Geen haatspraak, grondwetlike vryheid, liefdevolle vrede en vergeet van die verlede. Hoe vergeet julle van die verlede deur nog die verlede se volkslied te sing? Maak ni saak wat jo motief is ni, ons land het mos nou aanbeweeg, en ons het nou n nuwe volkslied. Deur die ou lied nog te sing wys julle dat meerderheid van julle nog ni die nuwe Suid Afrika aanvaar het ni. Vir my is dit n toonbeeld van die spesiale tipe arrogansie wat in julle onbewussyn lewe. Dis dieselfde weggesteekte arrogansie en intellek wat beleide soos apartheid geboorte gegee het.

Julle sal jul lewe baie meer geniet in Suid Afrika as julle net wil aanvaar dat die lamd nie meer aan julle behoort ni en dat die Afrikaners ni God se verkieste nasie is nie. En hou asb op om te vereis dat die ‘ander’ mense oor apartheid moet kom. Dis baie maklik vir julle om hiervan te vergeet want julle bly ni 100km uit die dorp uit op n stuk land sonder water in n shack sonder n toilette ni. Die mense probeer vergeet, maar die verskriklike letsels van apartheid maak dit vir hulle baie moeilik.

Ek se ni lewe in die verlede ni, al wat ek se is hou op net aan julle self dink en probeer meer simpatie vir die mense toon…al het julle ni self apartheid veroorsaak nie. Die letsels bly daar.

Joffre Papenfus ·

Meneer, dit is hartseer dat u bloot linkse propaganda herhaal, eerder as om uit die geskiedenis te leer.

Ons Afrikaners het sekerlik, soos elke volk, diegene wat meer ekstreme standpunte huldig, liberal of konserwatief.
Die deursnit is egter mense wat, in die woorde van wyle Staatspresident Kruger, wel vorentoe kyk, vir die toekoms werk en leef, MAAR geanker in die goeie van die verlede.

U hoef u nie by Afrikaners te skaar nie, maar ons liefde vir ons eie is regmatig en ons is die enigste volk in die “nuwe” SA vir wie dit ontsê word.

Enkele feite:
Hierdie land is oopgeworstel en ontwikkel deur die Afrikaner; ons het nie soos Engelse imperialiste net hulpbronne kom plunder nie, ons het kom woon in hierdie land wat ons opgebou het oor eeue.

Die beleid van afsonderlike EN gelyke ontwikkeling is gefinansier uit ons belastinggeld: dat die praktiese kort geskiet het op baie terreine, maak nie van die plan iets boos nie.
Die negatiewe en ondermynende het gekom uit oorde van die kommunistiese ANC/SAKP, georganiseerde besigheidsbelange en Brits-imperiale geo-politiek wat net die Engelse geldkoffers gevul het.

Kyk gerus na die res van Afrika, vergelyk dit met SA en u sal merk dat ook waar geen “apartheid” was nie is wanorde, etniese geweld, korrupsie, armoede, hongersnood en nog wat aan die orde van die dag.

DIT SPREEK VANSELF!

Ten slotte:
Nee, Afrikaners voel nie deel van hierdie “nuwe” bedeling nie, want ons word valslik beskuldig vir elke klein problem wat die ANC vir hulleself skep;
ons voel nie deel van hierdie “nuwe” bedeling nie, want ons volksgenote word soos diere geslag deur barbaarse bendes, terwyl die owerheid, media en liberales hulle blindhou vir die volksmoord op hulle voorstoep.

Dit gaan nie oor “grondwetlike vryheid nie”, dit gaan oor ons volk se REGMATIGE aansprake herhaaldelik betaal in bloed!

Anton ·

Alton,
Jy praat goeie Afrikaans vir ‘n Nie Afrikaner .Ek het jou nog nooit kommentaar hoor lewer oor “Kill a farmer, Kill the Boer” nie. Jy is ‘n huigelaar en bullshit jouself

Andries ·

Alton ek weet vir n feit dat jy geen idee het wat in die land aangaan nie weet jy hoeveel mense word vermoor weet jy dat die boere wat vir jou en jou gesin kos op jou tafel sit elke dag vermoor word verkrag word en dan ook vrees dat hul grond ontneem word en dan plakkers kampe word. Jy lyk vir my na n Malema ondersteuner wat nie weet wat apartheid beteken nie gaan kyk hoeveel nie blankes deesdae van hul eie mense skei omdat hul beter lewens gekry het deur by die blankes reg oor die wereld te kan leer en selfstandig wees. Moet ook nie Godsdien gebruik om jou emosies en feite te staaf nie wie is jy om te se ons is nie deel van God se nasie nie jy is geen god nie en sal ook nooit wees nie in teen deel almal wat n knie buig is deel van God se nasie en ons Afrikaner is deel van die nasie en wie dink jy was saam met die Voortekkers by Bloedrivier. Ek het groot geword met die Stem en ek het ook net soos almal wat die Stem ken en kan sing ons trots. Jy sal verbaas wees as jy weet hoeveel nie blankes ook die Stem kan sing en verkies om die Stem te sing omdat hul in n era groot geword het waar daar nog respek was vir ander en waar daar meer werksgeleendhede was vir nie blankes op die Afrikaner plase was wat vandag leeg en geplunder staan omdat jou tipe mens nie hul verstand gebruik en sien wat gebeur met ons land nie.Jou tipe kan geen vinger wys na Die Afrikaner nie en jys ook nie welkom om n Afrikaner genoem te word nie en wat baie snaaks is jy praat Afrikaans soo dit lyk vir my jys nog skeinheilig ook. As jy Die Afrikaner wil sleg se hou op om Afrikaans te praat en gaan praat n ander taal. Eks n TROTSE AFRIKANER wat almal sy plekkie in ons land gun vir jou ook maar word wakker en hou op om Die Afrikaner die skuld vir als te gee. Wie sing KILL THE BOER KILL THE FARMER? Dis jou tipe wat maak dat dit soo sleg gaan. Jammer om te se maar jys nie n TROTSE SUID AFRIKANER NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

cjm ·

Ja, kom ons sing eerder Kill the boer of Daai stones. Die stem is ten minste nie ‘n oproep om swartes dood te maak nie.

Joffre Papenfus ·

Die inleiding deur Danie Langner is veelseggend, maar dit daar gelaat.

Eendersyds is dit goed dat jongmense kennis neem van aktuele sake en hul eie mening daaroor vorm, maar dit is kwalik positief dat die mening nie op beginsel berus nie, maar steun op ‘n humanistiese grondwet en koue houding jeens een van ons volksimbole.

Die Stem as volkslied is deel van ons prag-erfenis as Afrikanervolk, dit vertel van ons volk se roemryke verlede toe ons voorouers hierdie land stuk-vir-stuk opgebou en ontwikkel het. Dit vertel van ons volk se offers om hierdie regmatige erfenis te bewaar.

Die Stem as gedig spreek van die skeppende waarde van ons taal!

Daar is inderdaad geen haatspraak in Die Stem nie – wie haat of iets negatief daarin sien projekteer bloot hulle eie haat, hetsy Afrika-rassisme of liberale Afrikaner haat van die Anglo-Amerikaanse ‘establishment’ en hul plaaslike meelopers.

Estelle ·

@Alton mik vir Parlement! Ons geskiedenis le ons na aan die hart en nie jy of enige iemand anders gaan dit kan verander nie! Ons het groot geword met Die Stem, en ons sal doodgaan met Die Stem as ons volkslied! Niemand keer julle om te sing wat julle wil nie!

Dirk ·

Die seun het ‘n meer volwasse siening as meeste van die beswaardes wat hul opinie oor die’ saak gelug het. Die jong man verdien respek.

Alton ·

@Anton Kill the Farmer Kill the boer het ni meer n plek in ons land ni, net soos die stem. Dis n lied wat ons herinner aan die slegte verlede en ek dink om dit te sing is baie selfsugtig en doen goed vir niemand nie.

@Joffre jou hele argument gaan net oor Afrikaners en wat goed is vir julle, ongeag die res van die land. Apartheid het net gewerk vir julle, vir niemand anders nie. As julle onder apartheid netsoveel energie in swart gebiede gesit het vir onwikkeling sou die land twee keer so mooi was. As julle swart mense dieselfde vlak onderrig gegee het sou julle nie nou met die groot aantal ongeskoolde swart mense gesit het wat julle net irriteer sover julle kom ni. Zuma, Malema en hulle ondersteuners is grootliks n produk van julle handewerk. Ek gee ni om vir apartheid ni, solank elke nasie op sy eilandjie gelyke voordele het.

@Estelle ek wil ni he julle moet van julle geskiedenis vergeet ni. Ek wil he julle moet ophou maak asof julle God se verkieste nasie is en beter as almal ander is. Al rede hukm julle meer geskoold en beter af as swart mens is is agv die voordele wat julle geniet het onder apartheid. In God se oe is ons almal dieselfde. As julle swart mense dieselfde voordele as julle gegee het sou hulle julle baie minder irriteer vandag. Sing die nuwe volkslied man en aanvaar jou land. Maak n positiewe verandering. Daar is genoeg ander beter Afrikaanse treffers wat j kan sing wat baie meer positief is. Ek sal dit saam met jou sing

Pieter Fourie ·

Alton, het jy en jou mede-ANC genote al ooit navorsing gedoen oor die aantal ‘nie-blanke’ skole wat die ANC gesluit het sodat julle hierdie snert kan verkondig dat die anderes nie dieselfde skoolgeriewe gehad het as blankes nie> Ek dink jy sal tot in jou tone geskok wees. Dan ontstaan die vraag, Alton: WAS JY OOIT OP SKOOL? Laastens: ek het geen tyd vir Steve Hofmeyer nie, maar WAT is die ‘nuwe volkslied’ waarvan jy praat???????????????

Martin ·

Alton, net voor ek gaan en nie mer tyd mors met jou nie, apartheid se doel was om julle selfonderhoudend te probeer maak. Dit was Dr Verwoerd se droom en sy strewe om julle beter te maak, maar die bakhand kultuur kon niemand oorwin nie, dalk weens die gerief daarvan, en dit is die oorgrote rede waarom ons sit met Zumas, Malemas ens. Dink jy Malema en Zuma is enigsins gepla oor julle welstand. Nee my maat, solank hulle jou stem kry, is hulle gelukkig. Die land se groot probleem is nie die Malemas en Zumas nie, dis die miljoene wat hulle die reg gee om ons te besteel en te bedrieg. Wat ek wel geleer het in die nuwe SA, is dat om president te wees, ‘n minderwaardige pos is teenoor dit wat ek doen, want dit blyk kwalifikasies is nie nodig daarvoor nie, maar eerder ‘n swak track record. Jammer, van julle kant gesien is dit seker ‘n besonderse goeie rekord.

Anita ·

Awesome! Ons Suid-Afrikaners gaan voort Die Stem word gesien – ons toy-toy nie Hoekom moet daar altyd negatiewe opmerkings gemaak word wanneer die Suid-Afrikaners vir ‘n slag hulle stemme laat hoor! Ons luister maar geduldig hoe ander Suid-Afrikaners hulle liedtjies sien en toy-toy – daaraan word niks gedoen nie!!

Sakkie Kotze ·

Ek was 30 jaar in die voormalige S.A.Polisie en het my werk as offisier, stasiebevelvoerder, speurhoof,Narkotiese bevelvoerder asook Bevelvoerder van die destydse Spoorweg Polisie Ondersoek eenheid in die Weskaap onpartydig en regverdig gedoen.Ek was nooit rassisies nie en het onder andere ook in Guguletu en Soweto dienste verrig.Ek was ook bereidwillig om die sogenaamde Vryheidsvegters se klagtes te ondersoek.Wat is die dank wat ek kry?My gratis mediese voordele na 8 jaar op pensioen eensydig en teenstrydig met tesourie instruksies weggeneem.Het nie my volle pensioen voordele gekry nie en klagtes aan die regering van die dag val op dowe ore.Kan ook nie lewe van my karige pensioen wat nie met inflasie tred hou nie.My gevolgtrekking; “ONS BELEWE NOU OMGEKEERDE APARTHEID”.Ons en die swart gemeenskap lewe in twee verskillende Suid Afrika,s.Hulle sing ” Kill the farmer, kill the boer” met oortuiging en haat sonder enige nagevolge.Boere word vermoor.Kommando,s op plase verbied.Sing Steve die Stem word hy deur sy eie mense gekruisig.My mening is dat die onwettige immigrante meer aansien van die huige regering geniet as die blanke suid afrikaners wie nog die pot aan die kook hou.Ons word ook belas op elke denkbare wyse van, krag tot petrol, tolpaaie en nog meer.My beskeie mening is dat die huidige regering meer omgee vir gebeure in die buiteland as ons groep blanke suid afrikaners.Ek daag Piet Croucamp of enige van sy trawante om my verkeerd te bewys.Hy kan tot n T.V. debat reel en ek sal my stelling bewys.Hierdie brief is nie polities van aard nie maar geskryf sodat reg en geregtigheid kan geskied in die diebare land van ons wat besig om tot niet te gaan.Sakkie Kotze.

Sakkie Kotze ·

Ek was 30 jaar in die voormalige S.A.Polisie en het my werk as offisier, stasiebevelvoerder, speurhoof,Narkotiese bevelvoerder asook Bevelvoerder van die destydse Spoorweg Polisie Ondersoek eenheid in die Weskaap onpartydig en regverdig gedoen.Ek was nooit rassisties nie en het onder andere ook in Guguletu en Soweto dienste verrig.Ek was ook bereidwillig om die sogenaamde Vryheidsvegters se klagtes te ondersoek.Wat is die dank wat ek kry?My gratis mediese voordele na 8 jaar op pensioen eensydig en teenstrydig met tesourie instruksies weggeneem.Het nie my volle pensioen voordele gekry nie en klagtes aan die regering van die dag val op dowe ore.Kan ook nie lewe van my karige pensioen wat nie met inflasie tred hou nie.My gevolgtrekking; “ONS BELEWE NOU OMGEKEERDE APARTHEID”.Ons en die swart gemeenskap lewe in twee verskillende Suid Afrika,s.Hulle sing ” Kill the farmer, kill the boer” met oortuiging en haat sonder enige nagevolge.Boere word vermoor.Kommando,s op plase verbied.Sing Steve die Stem word hy deur sy eie mense gekruisig.My mening is dat die onwettige immigrante meer aansien van die huige regering geniet as die blanke suid afrikaners wie nog die pot aan die kook hou.Ons word ook belas op elke denkbare wyse van, krag tot petrol, tolpaaie en nog meer.My beskeie mening is dat die huidige regering meer omgee vir gebeure in die buiteland as ons groep blanke suid afrikaners.Ek daag Piet Croucamp of enige van sy trawante om my verkeerd te bewys.Hy kan tot n T.V. debat reel en ek sal my stelling bewys.Hierdie brief is nie polities van aard nie maar geskryf sodat reg en geregtigheid kan geskied in die diebare land van ons wat besig om tot niet te gaan.Sakkie Kotze.

Estelle ·

@Alton – eish eish eish jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie! Wil nie met jou redeneer oor die Bybel nie, dis ‘n persoonlike saak vir ieder en elk! As swartmense bereid was om intesit wat ons ingesit het by werke, het hulle dalk dieselfde voordele gehad! Niemand het gese dat hulle onder ‘n koelte boom moet gaan sit en wag vir die “gravy trein” om verby te kom nie!

estelle ·

Stem 100% saam Sakkie! Dis ‘n wonder Maroela het nie ook jou kommentaar verwyder nie! Wil graag weet waar is die “freedom of speech”?

Pierre ·

Alton.
het jy al bietjie gedink hoeveel ingeneurs en dokters Suid – Afrika sou opgelewer het as al die swart skole net afrikaans as onderig taal wou gebruik het ,maar nee toe word die skole mos eerder afgebrand.

W v Heerden ·

Ons moet die “Mad hatter” komplimenteer , kan seker nie anders nie . Ons het iets om ons nou mee besig te hou ! Die lied is wel iets heilig vir daardie sekere groep mense wat n sekere gees in hulle het , van n sekere plek afkom ens . Maar se nou maar net dv . stem … weg Eie taal en tv stasie….weg Rugby …weg .Plase…. weg . privaatbesit ….weg Wat dan ? Moet ek vir julle die nuus lees ?(wat op julle betrekking het) 2Ch_7:14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. So ! Soveel as ek ook daarvoor voel . Hou op met julle liedjie ding . Die nuwe lied sal in elk geval nie oor ons gaan nie .

Nico ·

Geluk Frederik, n weldeurdagte en intiligente weergawe. Ek hoop ons hoor jou naam weer in die nabye toekoms. Staan jou staan en se jou se en moenie jou steur aan die krom vingers wat rondgeswaai word nie.

Brian Lessing ·

Ek sal die nuwe stem sing, uit my kop uit, die dag wanneer iemand my net 1 dag kan wys oor hoe dit vandag in Suid Afrika sou lyk as die wit man nie voet aan wal gesit het nie. Nie die land geplant, gebou, bewaar en ontwikkel het nie. Wys my n Zuma, Malema en diesmeer wat dan nog hier sou oorleef het, praat nie eens watter van hulle hier sou wou bly het nie.

Jan ·

Frederik, welgedaan! Min sou jou dit kon nadoen!

Alton, jy gee die Afrikaner die skuld vir apartheid. Maar, miskien moet jy die wetboeke van Suid Afrika nagaan en sien waar het diskriminasie teenoor ander rasse in werklikheid in hierdie land begin. As jy dink in 1948 dan het jy dit ver mis – diskriminasie in SA het sy oorsprong in die 19de eeu deur Britse imperialisme. Gaan kyk wat het in Johannesburg gebeur tydens die goud stormloop; Lucas Meyer het die skuld in Natal gekry dat hulle die Zulus van St Lucia verjaag het, maar die plase daar het almal na Britse eienaars gegaan.

Die doel van apartheid was nie om diskriminerend te wees nie, maar om die beste vir elke volk te gun. Ongelukkig het dit gruwelik misluk omdat daar nie een mens is wat sonder foute op hierdie aarde rondloop nie. Terloops, is dit die Afrikaner se skuld dat in die apartheidstyd byvoorbeeld die myne in die hande van Joodse en Britse interpreneurs was?

Toe Kain sy broer Abel doodgeslaan het, het hy nie vir Eva die skuld gegee omdat sy vir die slang geluister het en hy sy ma se sondes geërf het nie. Nee, tenminste kan ons hom dit ter ere gee dat hy self pa gestaan het vir sy eie foute. Om die Afrikaner vir alles die skuld te gee is holrug gery – steek sommer jou hande ook in eie boesem en kyk en word wys!

Hou op om ander te veroordeel omdat hulle nostalgies is. Gun die Afrikaner sy kultuur en sy lied, daar is niks mee verkeerd nie. Die Afrikaner dink nie dat hy God se uitverkore volk is nie – hy probeer net behoudend wees. Jy klink soos iemand wat jaloers is omdat jul jul eie kultuur verwaarloos het.

Tinus Prinsloo ·

Al die verskillende kommentare sny na twee kante: * ‘n greep na die verlede en * ‘n toekomsvisie!
Wat die verlede aan betref: identifiseer die plus en negatiewe punte!! Bou op die plus punte en probeer negatiewe punte absoluut vermy!!
Plus punte is: ek kan my godsdiens beoefen sonder om dit in mense se kele af te druk. Ek mag sing in watter taal vir my mooi en goed is. Ek kan die onderrig en opvoeding van moedersknie nie vergeet nie, want sy het my die liefde vir my eie, my eiendom, my familie en my taal met sy vele fasette geleer en waardeer! Daardeur is my menswees bevorder en dus respek vir elkeen se mening, taal en kultuur!! Ek is geleer om ‘n verskeidenheid van liedere te sing en dans. So het ons as kinders bewus geword van van die bestaan van die sosiale, die geestelike, die ekonomiese, die historiese, die estetiese, die linguistiese, die juridiese, en ja die etiese patroon van die lewe. Elkeen ge-ets in my menslike bestaan. Hier toe het ons skole sekerlik ook bygedra.

So die sing van die “Stem” is in der waarheid deel van my ontwikkeling as mens en wys my die “apartheid” wat dit bevorder? Nee, maar nêrens, maar nêrens is daar sprake van nie!! Slegs “nasie-bou” van “Ons vir jou Suid-Afrka”. Ja ‘n solidariteitsbesef — ‘n eenheid teen rassisme, teen moord en doodslag, verbetering van jou as mens op verskeie vlakke.

Die negatiewe wat vermy moet word: voorkom verdeeldheid onder ons mense! Vermy “haatspraak” en selfs dus “lieder” wat negativisme bevorder soos ” Kill the Boer”. Of is dit om jaloesie te bevorder, want wie het die land op alle aspekte probeer ontwikkel? Nou ontwikkel ons eerder rassisme deur onbeheersde toegang tot SA oor sy grense. Waarna lei dit: oorbevolkte skole, te min skole, te skraal mediese dienste, te veel honger mense, te veel kapitaal te begroot vir elke “nuwe” baba waarvoor ek minstens R280.00 per maand kan ontvang en ek is werkloos. Maar ek is ‘n “ex-patriot” wat vir die vryheid van “ons mense” geveg het. Nee sien die “goeie mense van die Afrikaanse taal” en kerke, hulle sal ons voorsien van skole, medisyne, klere en voedsel, want daar is nie werk nie — ons is almal werkloos — nou boer ons om ons”shack” met sewe kindertjies en die agste is aanstaande maand hier, maar by die kliniek sal ons die noodsaaklike medisyne en ook soms kos kry plus die “social grant” want daarmee kan ons vêr kom.

Dus kom ons kyk na al die sapekte van mens wees en ontwikkel dit deur eengesindheid en vryheid in my pragtige taal: AFRIKAANS te sing tot die voordeel van elkeen in hiedrie mooi land van ons!!

Pieter Janse van Rensburg ·

Is die Kunste Feeste nie juis die forum waar die kunstenaar en die “Afrikaner” sy kultuur in openhartige “Afrikaner” vreugde kan uitleef nie?

WV Heerden ·

“very churchy” gestel Tinus , Dis soos iemand wat nou net, na n uur se sit , Sondag oggend uitstap , vir ander se hoe “pragtig” dit was .EN hoegenaamd ryker is Wat ek nogal imposant vind is dat massas na julle luister en julle baie ge-edukeerd vind en dan geloofwaardig ag , Die ou leuen Gen_3:22 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!
Die angelsismes bou “as they go along” , Nou praat ons geloofwaardigheid . So kom die witman waar hy nou is .Jesaja_9:16 (9:15) en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op ‘n dwaalweg gebring. Of warm of koud . Verduidelik die “so scholarly” tusseninner aan n 40 miljoen sterk staandemag . Jy is of lief vir jou naaste of lief vir die ander wat dit nie is nie.(ek neem aan jy is my naaste) , Die stem is maar EEN van die dinge wat vir ons heilig is wat val .Jesaja_42:17 Maar die wat op gesnede beelde vertrou, wat aan gegote beelde sê: Julle is ons gode—dié sal agteruitwyk, diep beskaamd staan.
Lev_26:1 Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ‘n gesnede beeld of ‘n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ‘n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God. So , se nou maar dis net n liedjie ? nee , nee ,nee .Noudat God(die God van die Bybel) se wet onbelangrik is by ons , kan ons kyk hoe ons goeters vaar om ons te beskerm en te behou . Next please , volgende asseblief , kyk maar . standbeelde ,monumente en ander goed wat vir ons kosbaar is . Ons ag Hom en SY’ besitting nie kosbaar nie . SO .Tokkelossie wil jou he he , of” what ever” hier kom ons
Hierdie mening is ook in” minus stultus” beskikbaar om my meer geleerd en gekunsteld te laat voorkom . hoop julle plaas dit ,.

SY de Wet ·

Het die kannetjie darem goeie punte gekry vir sy opstel ? Is ma of pa n onderwyser ?Of het juffrou gese ? Hy is duidelik beurs kry materiaal . Rigters 2:10 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ‘n ander geslag ná hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie “. Maar ons geslag/te wat hulle voorgaan se sondes is ook n lang lys . En … Deut.5:9 Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; ” Waar n geslag kortskiet aan enige deug is dit omdat die vorige geslag dit kort gekom het om dit aan hulle te leer .Spreuke_22:6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. . Oo en het die voriges afgewyk ! Wat is vir ons patriotisme deesdae ? Jer_6:16 So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.” Jammer ek se nou nie eintlik MY SE nie , MAAR MY “SE” HET NOGAL VERANDER .

Rigters 2:11 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baäls gedien

Maraai ·

Alton: ek hoor jou. Dink bietjie hier oor. Dieeedte v d parlements lefe se hul het Grade agter hul name, nou wonder ek waar het hulle dit gekry en as jy kan uitvind of dit vervals is, ASB maak geraas daaroor en sorg dat hulle uit d parlement verwyder word.

Kyk hoeveel immigreer v ander lande af SA toe, hulle bou n sink huis want niemand weet hy is onwettig in d land nie. Hulle eis pensioen(my ma mag nie eis nie want sy het n huis?)Hulle moor d boere uit, hulle gee apartheid d skuld. Hul hoor net v d woord dan is dit ons skuld. Doen jouself n guns en gaan doen navorsing oor hoeveel blankes gemoor is in 20 jaar. Die regering wil plase weg vat , het jy al gaan kyk in Zim wat het v daardie plase geword? Het jy gesien hoeveel v hulle is geplunder , implemente staan daar, geroes grond word nie bewerk nie en en en. Dit als is nie deur ongeskooldheid nie, dit is om m mes in d wit mense te steek.

Die plase: Die boer het hulle geleer om op d plaas te werk, baie v hulle het hulle kinders geleer op d plaas hoe om te boer so het dit v geslag na geslag gegaan. Die boer se kinders het geerf en die werkers op d plaas se kinders het saam hierdie 2de, 3de ens geslag op d plaas gewerk so was hul versorg en daar was respek v almal. Die plaas werkers se kinders het toegang tot skole gehad , dit was hul keuse as hul nie wou gaan nie.

Die ergste v als is as jy n nie-blanke is wil ek v jou se daar is BAIE BLANKES WAT VOEL SOOS JY afterall dit is juis BLANKES wat oor Steve gekla het!

Se my vandag, buiten dat daar nie meer apartheid is nie, hoekom is daar nie werk v d jong mense wat nou 20 is nie. Hoekom ly hulle daaronder? Hulle is in d nuwe SA gebore, hoekom kry hulle nie studie lenings nie, hoekom moet hulle n BEE maatskapy begin as hul n bestaan wil maak? Hoekom plunder hulle d geboue as d mense wat GRAAG wil werk en NIE wil staak nie? Hoekom word daar gestaak oor Uni fooie? Hoekom Hoekom Hoekom Hoekom?

Maraai ·

Aan d skrywer v d brief wil ek net se: baie goeie brief. Ek weet v n 13 jarige wat hoendervleis gekry het toe hy d mense die lied hoor sing.

Maraai ·

Aan d skrywer v d brief wil ek net se: baie goeie brief. Ek weet v n 13 jarige wat hoendervleis gekry het toe hy d mense die lied hoor sing.

Petro ·

Dis ‘n baie oopkop kind hierdie! Wat hy se is net mooi die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.