ʼn Ope brief aan Dirk Hermann: “Ek is ook Jan van Afrika”

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het onlangs ‘n ope brief aan pres. Jacob Zuma geskryf na aanleiding van sy uitlatings oor Jan van Riebeeck. In die brief wat deur Netwerk24 gepubliseer is, het Hermann onder meer geskryf: “Ek is daartoe verbind om ’n toekoms hier in Suid-Afrika te bou waarin my kinders en hul kinders vry, veilig en voorspoedig sal leef. Anders as Jan Van Riebeeck gaan ek op Afrika-bodem sterf. Ek is Afrika.” Lees gerus die volledige brief hier.

Rohan Germishuys van Swellendam het in reaksie hierop ‘n ope brief aan Hermann geskryf:

Geagte Dirk

Ek is ook Jan van Afrika. Ek is nie ʼn rassis nie en ek is aan jou kant. Ons wil dieselfde dinge bereik en het gemeenskaplike doelwitte. ʼn Beter lewe vir almal, ʼn beter Suid-Afrika. ʼn Land vir ons kinders, ʼn demokratiese land wat regverdig handel. ʼn Unieke land wat ʼn suksesvolle reënboognasie uitbeeld. En ons stem saam oor baie dinge. Baie dankie vir al die dinge wat julle doen, soms regkry en soms nie regkry nie.

Ek verskil egter soms van die manier hoe julle sommige dinge doen en sien. Ek wonder soms of julle die swart gemeenskappe verstaan. Hulle kultuur, hulle taal en hoe hulle lewens werk. Werklik werk. Hoe hierdie land se swart mense dink en leef. En ek voel ons moet dit verstaan voor ons kan vorentoe beweeg. Ek en jy verstaan die wit Afrikaner se dinge. Hoe ons dink en leef. Dis Westers. Saamgekom met die skip uit Europa. Saam met Jan van Riebeeck. Maar die skip het gestop in Afrika, Dirk. Hier is dinge nie Oosters nie. Ook nie Westers nie. Ons is in die middel. Julle wil dinge op ʼn Westerse manier doen. Dit werk nie hier nie, Dirk.

Die wêreld daar buite, wes en oos, gee nie vir ons om nie, Dirk. Hulle 3 miljoen protesteerders en optoggangers gee om vir 11 van Charlie se mense. Mense wat ook maar ʼn bespotting maak van my en jou geloof saam met baie ander gelowe en dinge. Hulle gee nie om vir die honderde plaasmoorde en duisende Nigeriërs in Baga, Afrika, nie. Ook nie vir die mense en kerke in Niger nie. Hulle gee nie om oor Afrika nie. Gee ook nie om oor ons aan die Suidpunt nie. Ons gaan na onsself moet omsien. Ons 5 miljoen sal moet begin bewys dat ons omgee oor enige moord teen ons volk. Soos toe ons oupas baklei het soos jy in jou brief noem. Om hof toe te hardloop met elke tweede ongrondwetlike fout wat ons nie mee saamstem nie is goed, maar niemand daarbuite gee om nie, Dirk. Niemand gee om oor ons grondwet nie. Nie eers die hof nie. Dis te Westers. Te korrek. Te beskaafd vir hierdie middelste gedeelte van die wêreld. Hier praat die mense ʼn ander taal. Apartheid het gekeer dat hierdie Westerse en Afrika-tale gemeng het tot in 1994. Maar nou is ons ook deel van hierdie taal.

Dis ʼn taal wat gevorm is onder diktatorskap in ʼn kraal. In ʼn stat. In die noorde en ooste van Suid-Afrika aangekom het, maar geteel is in Midde-Afrika. Jy mag nie die koning teenstaan nie. En jy maak soos die hoofman sê. En wat hy sê, is wet. En sy woord is mag. Sy doen en late is altyd reg. Jy is verkeerd as jy praat oor Nkandla. Dis ʼn taal van geweld, Dirk. Nie beskaafd nie. En dit is nou nog so, Dirk. Al het ons gehoop dit het of kan verander. Mense wat Westerse neigings getoon het in hulle groepe is doodgemaak om so ʼn teenstrydige kultuurvorming te voorkom. Maar tog in hulle oë is dit korrek om so op te tree. Dit is hoe hulle hul kultuur beskerm. Dis ʼn ander taal as ons taal. En ons sal moet aanpas by daardie taal anders sal ons uitsterf. Die Ooste of die Weste gaan ons nie daarteen beskerm nie.

Dis goed om te veg vir die renosters. Ons moedertaal. Vir gesondheid. Vir dienslewering. Teen plaasmoorde. Teen fracking. Rassekwotas, haatspraak. En, en, en. Maar in watse taal vind die geveg plaas. In ʼn hof? Voor ʼn kommissie? In debat? In die media? Dis nie ʼn Afrikataal nie, Dirk. Afrika beskou daardie soort taal as Westers. En dit is. Dis hoekom hulle insinueer dat ons moet teruggaan waar ons vandaan kom. Ons hoort nie hier nie. Zuma lees ook nie jou ope briewe op sosiale media nie. As jy iets vir hom wil skryf, doen dit in Engels of in sy eie taal. Hy gee nie om vir ons taal of wat ons dink nie.

Dan is daar die grafieke en statistiek wat julle opgestel het oor plaasmoorde en aanvalle, Dirk. Dis goeie inligting, maar dis weer nie in ʼn taal wat ons regering verstaan nie. Ek weet ook nie of dit korrek geanaliseer is nie. Ek wil hier dalk saamstem met Bheki Cele. Dit toon ʼn baie lae korrelasie koëffisiënt met rasse-aanvalle soos wat julle wil voorgee. Dit is eerder ʼn bewys van absolute patetiese verval van ons land. Plaaswerkers word ook aangeval en moorde het nie teen dieselfde tempo gegroei as wat aanvalle gegroei het nie. As hulle wou, kon hulle baie meer boere vermoor het. Hulle leiers toon ten minste die guts om duidelike instruksie te gee om die plase te vat so dit toon eerder dat hulle die boere wil verdryf en die plase soek. Ook dat mense werkloos is, honger is en steel vir geld om vir hulle families te sorg. Dit bewys vir ons dat boere op afgesonderde plase maklike teikens is en uitgesoek word om iets by te buit en sal vermoor word vir kos op ʼn township-tafel as dit moet.

In die dorpe en bewoonde gebiede raak dit al hoe moeiliker om te steel. Mense beveilig hulself. Hier is alarms en goeie tegnologie wat ons beskerm. Op plase is reaksietyd baie stadiger. Daar is swart aanvallers wat rassisties is, ja, maar net so is daar ook witmense wat rassisties is.

Ons regering faal nie net in die beskerming van ons boere nie, maar faal in alle opsigte. As hulle kos op daai tafel verskaf het met die regte houding sou daai moord heel waarskynlik nie plaasgevind het nie. Die boere faal ook wel om hulleself te beskerm. Dis ʼn soort taal wat AfriForum kan aanneem. Stel ʼn plan op, sorg dat die plan uitgevoer word en sorg dat ons jou – as Dirk – saam sien patrollie doen op verlate grondpaaie in die Karoo. Hulle sal die plase vat en daarvoor moet daar ʼn teenoptrede wees. Ons sit almal en wag dat daar ʼn aksieplan bekend gemaak word sou so iets van ʼn aard gebeur. Maar dit is sekerlik onwettig om so ʼn plan op te stel. Te polities korrek om iets te doen en verkies julle om eerder te swyg en eerder net te sê julle verwerp sulke stellings en optrede en dit is nie demokraties nie. Ons weet almal dis ondemokraties en onregverdig, Dirk, julle hoef nie persverklarings daaroor uit te reik nie. Doen iets daaraan. Reik ʼn aankondiging uit as julle ʼn duidelike plan het en as daar ʼn aksie is. Watse stappe gaan geneem word as so iets gebeur? Gaan ons wag vir die hof en polisie? Kommunikeer ʼn plan aan ons gewone mense.

Los die persverklarings, menseregtekommissies, internasionale howe en los die VN. Ek wil vra dat julle hierdie politiese korrektheid laat vaar. Dis ʼn Europese taal wat hier totaal irrelevant is. Praat reguit. Praat met optogte. Brand ʼn tyre. Gooi ʼn ruit uit. Trek die mense bymekaar. Witmense en swartmense, almal wat wil saampraat. Praat in hulle taal. Maar praat ook die regte en duidelike boodskap. Dit klink onbeskaafd, maar dis ʼn Afrikataal. Dis werklikheid. Dis ʼn taal wat ons nie aan gewoond is nie, maar ons sal moet aanvaar en ook aanvaar dis Jan se skuld dat hy ons hier gelos het. Europeërs praat soms maar ook hierdie taal. Dit is al bewys in Londen en Parys.

Die mense wat werklik hier ʼn lewe geleef het voor 1652 is weg en verdryf. Ons is nou hier en deel van Afrika. En al wie daaroor mag kwaad wees is die Khoi en San. Hulle moes vlug. Ons het gekies om hier te wees.

Ek besef dat mense kan sê dat ek nou almal oor dieselfde kam skeer en veralgemeen. Dit is seker so, maar daardie mense moet ook die werklikheid begin aanvaar en aanvaar dat as hy nie dieselfde voel nie, is hy of sy besig om homself of haarself te belieg want dit is die werklikheid en waarheid waarin ons vandag onsself bevind. Daar is ʼn baie klein persentasie wat hulself kan uitsluit by bostaande. En laat hy homself dan uitsluit as hy wil. Dit is sy reg. Maar as die skoen jou pas, trek hom aan.

Op julle Facebook-blad is daar soms goeie kommentaar, gereeld slegte kommentaar, mense maak rassistiese opmerkings en mense raak persoonlik. Oor hierdie brief sal daar ook sulke opmerkings wees. Maar sulke opmerkings sal net weer en weer ʼn bewys wees van onkunde en onsekerheid oor ons volk se verdeelde situasie. Ek veg vir my kinders se toekoms en jy vir joune.

Ons almal wil weet wanneer dit gaan stop? Almal vra tot hoe ver nog? Hoekom en waarom? Mense sal ook wil weet wat het ek al self gedoen om die situasie te verbeter. Nog niks nie, Dirk. Want ek weet nie wat om te doen nie. Ek is leierloos. Moedeloos.

Ons kort ʼn leier, Dirk. Een wat nie Jan is nie. Ook nie ek nie, miskien ook nie jy nie. Maar een wat Andries is. Oom Andries het hulle taal gepraat. En ons sal hom gou moet vind, baie gou.

LEES NOU Dirk Hermann se reaksie op Rohan Germishuys se brief.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

JanVanAfrika_II ·

Rohan, jy laat mens dinge in `n heel ander perspektief sien, jy gooi die oogklappe af.
Of dit goed of sleg is, is ek na hierdie brief te deurmekaar om met eerlikheid te sê, maar jy maak sin.

Anoniem ·

Rohan vat vyf. Jou brief kan nie beter gestel word nie. Stem saam hulle verstaan net die
Afrika manier. Hoop Dirk lewer kommentaar.

Danie ·

Rohan, ek stem bitter min met jou saam. Jy het duidelik nie op ‘n plaas groot geword nie! Meeste van ons families wat op plase woon vir geslagte lank, praat ook die afrika tale. Dis lank voor 94 se sirkus al so. Ek het selfs op laerskool al Noord Sotho as vak gehad – dit was standaard. In die hoërskool waar ek was (in die wes Transvaal) het ons Tswana as vak gehad. Dit is juis meer en meer uitgefaseer na 94. Mens wonder nogal hoekom…Ons het al die jare BAIE goed oor die weg gekom met ons plaaswerkers. Iemand het hulle geinfiltreer en opgesteek en doen nog steeds. As jy ooit na Dr Phillip Du Toit se praatjies geluister het oor die 12 maniere van Afrika, sou jy dalk iets kon leer.
Dit wat jy nou beskryf aangaande die nkandla kwessie en ander politieke maniere, is ‘n samestelling van Afrika maniere EN westerse gebruike. Natuurlik neem hulle slegs dit wat voordelig is uit albei wêrelde – so ookmet die godsdienste….vat dit wat pas. Dit noem ons gierigheid en eiewaan.
Die vervelige “almally onder misdaad” is ook al afgesaag! Wys vir my hoeveel van die swart mense word onmenslik gemartel vir geen goeie rede nie. Jou feite dat daar geroof word om bietjie kos op die tafel te sit in ‘n plakkerskamp is loutere bog!!!! Baie van hierdie aanvalle vind plaas sonder dat enige iets van waarde gesteel word (indien enige iets). Dan vra ek weer: WIE PLEEG HIERDIE MOORDE. Maak nie saak of dit swart of blank is wat aangeval word nie – wie val hulle aan?
Toe ons voorouers swaar gekry het en gelei het onder engelse heerskappy en weer moes opstaan uit die stof, het hulle hulle nie gewend tot moord en plundery nie(Daar mag uitsonderings gewees het soos met enige ding in die lewe). Ons het deur harde eerlike werk en met God se Genade weer opgestaan uit die stof en geblom soos min ander lande ter wêreld ooit!
Nou dink ek: jy kan duidelik nie ‘n Boer wees nie….jou geskiedkundige kennis is uiters swak…jou volkekundige kennis nog swakker….so my slotsom is dat jy sekerlik ‘n lakkei van die anc of iets dergelyks moet wees!

Paul ·

Danie,
Jy is 100% reg. Ek gaan nie afdaal na die anc se standaarde nie, ek gaan ook nie vir myself begin lieg om vir zuma beter te laat voel nie. Suid Afrika is vir die hienas gegooi en ons gaan dit nie regmaak met mooi praatjies en gatkruip nie.

Trotse Afrikaner ·

Ek stem volkome saam Paul. Alles wat as “Afrika” uitgebeeld word in hierdie brief en wat ons daagliks sien en beleef op hierdie kontinent, is heeltemal teen my morele waardes en beginsels, teen dit wat ek as beskaafd defineer, teen wat ek glo Christelike beginsels is waarvolgens ek my lewe ly. Om my rug op dit te draai net so dat ek kan “in pas” by ‘n absolute korupte, barbaarse kontinent, is om myself en my verlede te verraai. Ek sterf eerder met die trotse wete dat ek getrou was aan myself en dit waarin ek geglo het!

Christa ·

Ek stem 100% met jou saam Danie. Dit is so jammer dat die blanke Suid-Afrikaner nooit ophou om “jammer” te sê vir die verlede nie!! Wanneer is dit genoeg?!!! Moet ons dan nou ook nog die blaam dra vir al die vergrype en korrupsie van die ANC regering en blatante diskriminasie teen die blanke in ons eie geboorteland. Ek is hier gebore en het hier groot geword. Ek ken geen ander land nie! Dis blote bog dat die rede vir plaasaanvalle net neerkom op mense wat “nie kos op die tafel het nie!!” Dis polities gemotiveer en word aangevuur deur haatspraak deur die ANC regering!! Dis volksmoord wat met die uiterste wreedheid gepaard gaan en so jammer dat van ons eie mense nog verkies om dit te regverdig!!! Hoe stiksiende kan ‘n mens wees!!! Baie dankie Solidariteit, dat julle veg vir die Blanke Afrikaner se regte in hierdie mooi land van ons!!

Henk ·

Eish, goeie kommentaar. Soms dink ek net dat daar te veel self aangestelde organisasies is wat “namens” die boer/ witman/ noem hom wat jy wil praat. Intussen is hulle daar vir die skyn. Daar omdat dit ‘n manier was wat iemand vir homself ‘n inkomste en ‘n R5 miljoen huis kon verseker. Daar omdat hulle “opgestel” is om weereens die witman/ boer/ … te mislei soos wat soveel politici al in die verlede gedoen het.
Dalk het dit tyd geword dat ons op ons kniee voor God die Almagtige gaan en in opregtheid tot Hom bid en begin lewe soos wat Hy van ons vereis.
Ek vermoed dan sal Hy aan ons die leier en leiding gee om uit hierdie gemors te kom.

Danie ·

Ek dink juis hierdie artikel van Rohan mislei meer as wat dit goed doen!

Jaco ·

Dis baie goed gestel. Dink ons moet dit uitdruk in pamflette en versprei.

Viv ·

Rohan, jy se wat ek graag sou wou maar nie geweet het hoe nie -uitstekend verwoord. Ons moet saamstaan en slim veg, en vergeet daarvan om deur die buitewereld of een of ander wonderwerk gered te word.

Elizabeth ·

Viv – NET so! Dankie ook Rohan vir die “guts” van jou brief. Mense moet net meer uit die boks dink – SELF dink en met ‘n Afrika denkwyse probeer oplossings vind. Ja, ons SOEK ‘n leier, nie een met rassistiese ondertone in toesprake en optredes nie, maar een wat die verstand en insig het om die probleem soos jy dit so goed stel, aan te spreek en met ‘n duidelike oplossing kom!

Henri ·

Wat is hierdie deurmekaar warboel van gedagtes nou eintlik? ‘n Oproep na ‘n tipe Afrika-geweld, wat juis teen ons kultuur en opvoeding is?: “Praat met optogte. Brand ʼn tyre. Gooi ʼn ruit uit. Trek die mense bymekaar. Witmense en swartmense, almal wat wil saampraat. Praat in hulle taal.”

James Botha ·

Rohan, goed gestel. Ek dink die vrae en gevoel is in almal se gemoed. Ek wil voorstel dat die volgende sake dalk ook bygevoeg word, tensy ek dit mis gelles het. Die Chinese – regering wil met alle geweld die mense laat wortel skiet op groot maat, insluitend eiendom, minerale en grondstowwe. Hoe lank nog voor alles uitverkoop is? Die militante moslems – redelik stil nog, maar wat as die mense begin geweldadig raak – het die land n plan? Invloei van mense (wettig en onwettig) uit res van Afrika en Ooste – hoe volhoubaar is die ekonomie. Al drie hierdie faktore gaan n beslissende uiterking he op nie net die blankes nie, maar ook ander rasse wat laaaank reeds hier gevestig is. Nogmaals dankie vir jou brief – ek stem – ons moet begin aktief raak voor dit TE LAAT is.

Hans Altenaar ·

Hierdie artikeltjie is vir my ‘n uiters goeie motivering van waarom apartheid nodig was, is en altyd sal wees.

Johan ·

Ek stem (in die konteks van Rouhan se skrywe) saam met jou Hans. Die Afrika-taal waarvan hy daar praat is nie die Venda, Pedi of isiZulu nie maar die taal van mag. En ons het die mag gehad (apartheid-Afrika-taal) en dit laat gaan vir ‘n westerse ideologie van demokrasie. Ek kyk wat het dit ons in die sak gebring!

Johan ·

en nie net vir ons in die sak gebring nie, maar vir miljoene swart mense…..ellende, honger en verval, vir die voorreg om soos ‘n properse westerling elke paar jaar ‘n kruisie te gaan trek vir die ou wat jou ‘n plaas, ‘n huis en baie geld belowe sodat hy ook soos ‘n westerling kan lewe…

Johan ·

Hans, my eerste kommentaar op wat jy se is gemodereer en verwyder. Waarom weet ek nie. Maar ek herhaal, ek stem saam met jou. Die Afrika taal waarvan Rohan so ellegant praat is nie Venda of Xhosa nie maar die taal van mag. En wat doen ons? Ons vat ons mag (apartheid) en ons ruil dit vir die westerse ideologie van demokrasie. Maar nou ja dit is weggegee en van terugkry is daar weinig sprake! En ek herhaal ook my latere kommentaar hier……en nie net vir ons in die sak gebring nie, maar vir miljoene swart mense…..ellende, honger en verval, vir die voorreg om soos ‘n properse westerling elke paar jaar ‘n kruisie te gaan trek vir die ou wat jou ‘n plaas, ‘n huis en baie geld belowe sodat hy ook soos ‘n westerling kan lewe…

Ian ·

Ja, soos gewoonlik is die werklik tussen twee openerende pole iewers. Ek verstaan Dirk se beskouing. Ek het ook simpatie met die meeste van wat Rohan se. Die enigste manier om tot n vergelyk te kom op pad vorentoe, is om strategies te beplan vir die toekoms. Kom ons neem alle emosioneel-gekleurde terme uit hierdie debat en begin fokus op n multi-dimensionele plan wat alle aspekte insluit, strategiese en takties, nasionaal en internasionaal. Doen dit met n paar nasionale sessies en neem dit beste van al die idees daaruit om die plan te smee. En nee, tyres brand is nie een nie….(alhoewel ek nog altyd graag wou weet hoe dit voel…)

Willem ·

Die emosie en kwaatgeit is gegooi. Dit is reg dat jy so van jou frustrasie en opgekropte emosie ontslae raak.

As mens nou nugter na als kyk: Wat is die realiteit? Wie kan sonder wie in die land betreffende die ekonomie? Gaan ‘n Orania werk? Moet mens die Zuma en ANC era uitry en wag dat bv die DA oorneem? Die VF+ doen baie vir die Afrikaner ook Afriforum en Solidariteit. Laat hierdie mense jou in die moeilike jare help soos wat hulle tans doen en ondersteun hierdie organisasies met positiewe bydraes en sterk hulle hand.

Moet daar ‘n ander regeringsmodel in plek kom? Indien ja, vir seker sal die ANC nie daarom onderhandel nie. Dus is ‘n mens in hul hande tot na nog ‘n hele klomp verkiesings.

Die NP was vir oor die 40 jaar aan bewind. Die ANC gaan nie so lank regeer nie, maar intussen kan die land net meer agteruit gaan. Ongelukkig is demokrasie soos dit in die weste toegepas word en om die ANC by die stembus te verslaan, die enigste uitweg. Daar is nie ‘n ander uitweg nie.

Wat wel sal bly help as elkeen ongeag dit wat ons moet opsnork, ‘n positiewe bydrae met harde werk die land lewendig hou.

Wat is die alternatief? Daar is nie.

pieter ·

Ai toggie. Artikel se nie veel wat mense nie weet nie. Afrika mentaliteit en westerse menatliteit is nie dieselfde nie. Die feit dat daar n ” ons en hulle” is deel van verlede en hede.
Ek dink eerder dat swart mense n nuwe kultuur gevorm het. Hulle het geen identiteit nie en moet dan leuens opmaak om land op afrika manier te vat. Met hulle luukse duitse motors. Dit sal soos in zimbabwe net die room van die swart mense bevoordeel. Die res sal in hulle gehuggies bly want zuma se so.
Ons moet ” die” mentaliteit beveg. En niemand weet hoe nie.
Ons sal die gewone swart man in die gehuggie leer ken. Sodat hulle saam ons die geveg kan aandurf.

Susan Lombaard ·

Ek noem graag dat dr. Dirk Hermann ingestem het om kommentaar te lewer op Rohann se brief. Ons publiseer dit weldra. Groetnis, Susan Lombaard (uitvoerende hoof: Maroela Media)

Benito Odendal ·

Ai manne!!!….Nederig en sonder ‘n ego so groot soos die aardbol self het Sarel Cilliers op daardie kassie gestaan toe hy die gelofte afgele het…..ons kan en gaan beslis nie ‘n werkbare oplossing vir ‘n daadwerklike probleem kry deur mekaar af te kraak of te verkleineer nie….sit jul ego’s op ys en dink vir ‘n slag “nederig”….luister na mekaar drie of vier keer en gee dan ‘n “nederige” en baie meer sinvolle antwoord….dit is soooo tipies en ons val almal in die gat soos in klokslag….eers maak ons ‘n stelling , dan kry ons ‘n tee- argument , dan raak ons persoonlik omdat ons ego’s “in kick” , dan raak ons kwaad en verloor die punt soos in heeltemal , dan…..ek sal jou mo@r , en helaas as die ego’s totaal als oorskry…..ek sal jou vrek maak !!!……soos in eentonige reelmaat en altyd dieselfde…..almal kwaad en NIKS bereik nie !!!….ek het die artikel en kommentare gelees en daar is baie raakpunte in almal ….kom ons vat die werklikheid aan soos hy is en nie soos ONS hom wil he nie…..wat op die tafel is vir ons land,vir ons volk en vir ons kinders is waarmee ons moet werk en nie ons ego’s nie……as die probleem opgelos is in die toekoms gaan wat oor ons lippe gekom het en ons ego’s lank vergete wees….. net die oplossing gaan belangrik wees en beslis HOE dit bereik was…ons moet self besluit of ons wil he ons nageslag moet ons as “legends of losers” sien….’n opregte mens luister , is nederig ,is beginsel vas…..soos Sarel Cilliers…..Skoorsoek en slegse is maklik maar werkbare oplossings vat “guts” en nederigheid om deur te voer…..kom ons sit ons ego’s op die kantlyn en konsentreer op die “game plan”…..kom ons konsentreer eerder daarop om die ander span kwaad te maak want realiteit het mos nou al meer as genoeg bewys dat die span wat EERSTE kwaad word die wedstryd verloor…..”ek” is NIKS…my kinders, my volk ,my land en AL sy mense, my taal , my kultuur en my God is “ALLES” , alles wat saak maak en my moet dryf om te lewe en te LAAT lewe ,te eis vir almal en te gun vir almal …..Sterkte manne ….stel die bal en onthou die “game plan”…..ek dink tog Sarel Pretorius is ons beste skrumskakel…. ‘n “game breaker “….”go figure” alla Stevie…he he !!!….Mooi loop !!!

Rudolf ·

Ek stem nogal met jou saam oor dit.

As elkeen wat nog die vermoë het lidmaatskap van AfriForum, FAK, Orania Beweging en vele ander Afrikanerorganisasies opneem, dan het hulle alreeds begin om ‘n verskil te maak.

Om mense te vra om met klippe te gooi is om hulle tronk toe te stuur. Dis in elk geval nie deel van ons opvoeding nie. Of moet ons eerder so barbaars soos van ons oervoorvaders raak en begin met verskroeide aarde teen ons vyande asook banvloek optrede? (Die Engelse het mos bewys hoe effektief verskroeide aarde beleid vir hulle gewerk het)

My opinie, ons as Afrikaners is werklikwaar vir die nabye toekoms ‘n minderheid. Ons het nodig om te konsolideer in ‘n gebied waar ons ‘n meerderheid kan raak. Ons moet gesprekke rondom Federale moontlikhede vra. Konfederaal as alternatief dalk. Vir nou. Ons moet elkeen ernstig bly vra wat die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van ‘n eie volkstaat sal wees. Ons moet fisies vreedsame byeenkomste soos die GRATIS konsert wat juis deur AfriForum gereel word in ons honderde duisende bywoon. Dit sal belsis ‘n boodskap van onderlinge samehorigheid uitstuur.

Maar nee wat, die meeste Afrikaners staan ongelukkig apaties oor hul toekoms as etniese realiteit en die uitwissing van hul taal. ANdere wil eenwoudig nie weet nie, anders gaan hulle die hand in eie boesem moet steek om ‘n verskil te maak vir hulself en hul nageslagte.

Jy wag vir een of ander messiaanse leier wat die Afrikanervolk moet kom red oor hy te sleg is om homself te red.

My raad aan jou, wees gerus die leier van jou eie huis en begin binne jou vermoë belê in volhoubare alternatiewe.

Daar is meer as genoeg leiers vir AL die ontelbare faksies in die Afrikanerhuis…..!!!!

Op die einde van die dag sal God beskik oor die lot van die Afrikanervolk ook.

Maar ons moet nie gaan lê sonder om aan te hou probeer nie!

Kyk gerus die onderstaande video indien jy hom nog nie gesien het nie, maar luister veral na die lirieke:

https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j&q=&esrc=s&source=web&cd=1&cad=rja&uact=8&ved=0CBwQtwIwAA&url=http%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fwatch%3Fv%3DD0lo_HlhIsE&ei=JGS-VNTmGoixUYvLg9gM&usg=AFQjCNEyIGs3q4DM1cMfCVjjDhj-lGyRXA&sig2=THQA0i7o-NP8a3aebWLttA&bvm=bv.83829542,d.ZWU

Cathy Kotze ·

Rudolf het ‘n baie goeie punt. Ondersteun Orania. As die Jode die woestyn kan laat blom, kan toegewyde Afrikaners dieselfde in die barre Karoo doen. Koop die omgewing wettiglik op. Ontwikkel dit. Afrikaners is wêreldwyd bekend vir ons ondenemingsgees. Dit kan gedoen word.

Afriforum, Soldariteit is in staat om hierdie tuiste vir Afrikaners in die howe te beding. Indien almal saamstaan, is ‘n eie tuisland moontlik. Die moontlikhede is legio: sonkrag, onderdak groente verbouing, universiteit, werklike Moedertaal onderrig, VEILIGHEID EN SEKURITEIT!

Jan ·

Cathy, ek ondersteun jou voorstel. Om die waarheid te se, het ek reeds in 2001 ‘n voorstel dat plaasgrond in die Noord-Kaap opgekoop moet word, aan bykans alle volksorganisasies/ -partye voorgele. In die jare daarna het ek dit by herhaling weer met hierdie instellings opgeneem, en jammer om te moet se, maar al my pogings het NIKS opgelewer nie! Elkeen wil net sy eie mishopie so hoog moontlik opbou.

Alwyn Beetge ·

Baie goeie skrywe Rohan, dit dwing mens om weer nuut te dink. Dit is wat die Afrikaner nodig het.
Ek stem saam ons kommunikeer in n verkeerde taal en op n verkeerde manier met die ANC. Om aanhoudend in howe as laaste loopgraaf terug te val is nie die langtermyn oplossing nie. Die gesprek moet na die ANC geneem word en in duidelike taal aan hul uitgespel word. Watter formaat ook al nodig is , hetsy op n Afrika of Westerse manier.

Ons moet verstaan hoe die ANC dink en ons beleid daarby aanpas.. Die ANC en pres Zuma voel vere vir Afrikaans en die Afrikaner. Die ANC voel vere vir Westersekonsepte soos voedselsekerheid ens. Tree op op die manier wat hul verstaan.
Dit is waar dat ons n leier kort. Minstens n inspirerende leier wat meeste Afrikaners kan verenig en inspireer. N leier wat minder verdelend is en inklussief dink. N leier wat vreesloos kan optree en prakties optree.

Cathy Kotze ·

Daar is ‘n ou Afrikaanse gesegde: “Jy skop teen die prikkels.” Ons mense doen dit al vir baie, baie dekades. Ons het alles probeer doen (en grootliks daarin geslaag) om Suid-Afrika te ontwikkel in ‘n Eerste Wêreld land.

Voor 1994 was daar weinig plakkerskampe. Ten spyte van die kritiek, het slegs 10% van die bevolking nog altyd die res met hulle belastinggeld ondersteun en die land help ontwikkel. Die onderwysstelsel is gedemoniseer, maar dit was baie beter as die huidige en het onder andere mense soos Nelson Mandela, Desmond Tutu, Prof Jonathan, Jakes Gerwel, ens gehelp om groot hoogtes te bereik.

Soos die Prediker sê: “Alles kom tot niks.” In Afrika sal niks wat ons doen ooit goed genoeg wees nie.

So waarom aanhou probeer.? Meer as ‘n miljoen van ons maak al vir twee dekades lank ons indrukwekkende merk in die res van die wêreld. Ons is bevry van die beskuldigings. Ons woon in veiligheid. Ons kan ons tenvolle uitleef.

Ons het saam gebid en gehoop vir ‘n beter toekoms in Suid-Afrika. Die realiteit speel nie saam nie. Ons gaan almal op die ou end alles (maar veral ons geliefde Vaderland) verloor as gevolg van magte wat buite beheer is. Waarom nog probeer?

Dis ongelukkig vir die beleerde Afrikaners nodig om wyer te kyk. Afrika verdien ons nie.

Jan ·

Cathy, nogmaals stem ek met jou saam. Met my reaksie op jou vorige kommentaar, het ek aangedui dat ek onsuksesvol was met die voorstelle wat ek oor baie jare heen aan volksinstellings voorgele het. Dit was eenvoudige voorstelle, soos dat ons byvoorbeeld ‘n skema moes skep waarin volksgenote maandeliks R50 (of meer indien hulle sou wil) sou bele, en dat hierdie fondse aangewend sou word om plaasgronde in die Noord-Kaap aan te koop. Die beleggers sou die eienaars van hierdie grond wees en nie ‘n instelling nie.

Bo-en-behalwe vir hierdie betrokkenheid, ondersteun ek ook finansieel en andersins ‘n verskeidenheid ander volksorganisasies, Maar daar kom ‘n tyd, veral wanneer daar kleinkinders is, wanneer ‘n mens ernstig begin besin oor die vraag of daar nog ‘n toekoms vir hulle in hierdie donker-Afrika is. Of moet ek nie eerder die energie en ander middele waaroor ek nog beskik, aanwend om vir hulle ‘n toekoms buite Afrika te help skep nie?

Henry ·

Stem saam met jou Cathy Kotze.

Jou heel laaste sin is die een wat die harde waarheid/werklikheid klinklaar beskryf.

“… Afrika verdien ons nie.”

Jakes ·

‘Brand ñ tyre… gooi ñ ruit uit’ Rêrig Rohan? En wat sal ek bereik deur te daal na alles waarteen ek veg? Wat sal van ons land word as almal ñ ‘tyre brand’ Rohan? Dalk moet jy gaan kyk wat uit die geskiedenis te leer is oor die verskillende eindresultate van ñ rewolusie teenoor ñ reformasie. En dan dink jy weer bietjie of jou ‘tyre brand’ plan vir my en jou kinders ñ toekoms gaan verseker. Afrikaners moet met ander minderhede in SA hande vat, en saam veg teen die ineenstorting van ons land aan die hand van die huidige leierskap. Ons kan wragtag nie die enigste groep hier wees wat ñ ‘westerse’ waardestelsel wil bevorder nie!

Rene ·

Gister lees ek in die Sowetan dat iemand skryf “as jy so teen die Weste is, klim van jou internet af en gaan terug bos toe”. Ek dink nie die waarheid is dat ons “te Westers” is en swart mense in ‘n ander taal praat nie. Ek dink dat daar vir 400 jaar die Britte en die Republiek was wat die swartes afgeknou het en dit gaan ‘n rukkie vat vir die pendulum om terug te swaai. Dink maar aan ‘n kind wat uit die huis uit gaan en ewe skielik vrye teuels het – hulle gaan gewoonlik mal deur te veel te drink, partytjie te hou en rof te lewe. Dan word hulle volwasse na ‘n ruk (party bietjie vroeër as ander) en leer om selfstandig te lewe sonder om dom besluite te neem. Ons demokrasie is skaars 20 jaar oud – glad nog nie volwasse genoeg om wyse besluite te neem nie. En al hierdie aaklige goed wat gebeur is simptome van ‘n siek leierskap wat skielik vrye teuels het maar nie volwasse genoeg is om die mag en massas te handteer nie.

Rohan ·

Die doel van die brief is om n werkende oplossing en plan te vind sodat ons kan hande vat met iemand soos bv n Afriforum of soortgelyk.

Dankie vir al die positiewe insette en kritiek gelewer. Hieruit leer ons almal mos. Ek hoop dis waarmee Dirk vandag gaan opkom. Saam met die kritiek op my brief ook n voorstel of plan.

Ons sal net graag wil sien dat daar saam met die kritiek n oplossing ook kom.
Wat is die oplossing vir die probleem?
As ons dan nie n tyre brand nie wat gaan ons doen? As ons dan nie klipgooi nie,wat gaan ons doen? Ek se nie wat ons moet doen nie want ek weet nie.
Saam soek ons voorstelle. Haalbare volhoubare voorstele.

Dankie vir die wat reeds voorstelle gemaak het bv Cathy wat se ons moet grond uitkoop en dit ontwikkel. Iemand moet die studie begin doen van wat is haalbaar en nie.

Dankie vir die siele wat die brief mooi gelees het en reg verstaan.

Magda ·

Rohan
Ek het nie gekies om hier te wees nie. Is hier gebore en is te arm om hier pad te gee. Nou moet ek nog my kultuur ook opgee. Hoekom moet ek opofferings maak. Daar is baie kulture gee vir elkeen sy eie stukkie Aarde waar almal kan doen en wees wie hulle is.

Hester ·

Rohan duidelik het jy nog nie iemand aan n plaasmoord afgestaan nie hul steel nie kos om honger te stil nie dit is twak hul steel alles behalwe kos my ouma het altyd kos gegee as hul gevra het sy en my oupa is vermoor hoekom? ja dit weet ons tot vandag toe nie hoekom nie en hul het NIE kos gesteel NIE ja my ouma is lewend begrawe praat weer as jy deur so iets was my oom is n paar jaar terug vermoor so ons is dubbel en dwars hierdeur.En dan praat jy van guts rerig jy weet duidelik niks. En om goed te brand en te breek is beslis nie in my kultuur nie en sal nooit wees nie dit is nie hoe ek en my familie is nie en sal nooit wees nie. Dis hoekom ons aan Afriforum behoort maar ek ondersteun Sunette bridges 110% want sy gee om vir ons mense deur haar kry ons n stem wat met ons gebeur het en sy help ons mede wit Afrikaners. So Rohan moet nie praat as jy nog nie uit die fonteintjie gedrink het nie

Johan Wiggill ·

Beide Rohan en dr Dirk se briewe spreek tot die Afrikaner. Ten einde gaan dit oor demografiese realiteite. Beide skrywers impliseer Afrikaner betrokkenheid om Suid Afrika te bou na ‘n veilige plek. Vir my is dit eenvoudig, ek wil nie bou aan ‘n reënboognasie nie. Dit is volk-selfmoord. Ek wil bou aan ‘n eksklussiewe Afrikaner gebied waar Afrikaners in beheer is. Dit is nie ‘n uitgediende gedagte nie. Selfbeskikking het verskillende manifestasies. Solidariteit en Afriforum het edele motiewe maar dit is nie binne konteks van Afrikaner eksklussiwiteit nie. Daar is te veel Afrikanerfaksies wat kontraproduktief is. Dit is net so onrealisties en naiëf om te verwag dat Afrikaners eedragtig sal raak as wat dit is om om te verwag dat Afrikaners hul volkswaardes gaan behou in ‘n reenboognasie. Elke faksie veg dus vir homself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.