Aanranding: Akteur in hof, naam bekend

ʼn Bekende sepiester het pas in die Roodepoortse-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding.

Rapulana Seiphemo (45) is Saterdagaand in Honeydew, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie aangerand het.

“Die akteur het na bewering sy meisie (28) geklap,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Johannesburg, gesê. Die twee het Saterdagaand glo in ‘n argument betrokke geraak. Die polisie is na die toneel ontbied waar die verdagte in hegtenis geneem is. Sy naam mag volgens wet eers bekendgemaak word sodra hy in die hof verskyn.

Seiphemo is bekend vir sy rolle as Godlieb Mofokeng in Isidingo, Tau Mogale in Generations en Pheko Mokoena in Muvhango.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.