Inhoudsopgawe: Die Warm Debat oor die boek “Ons was daar”

ʼn Warm debat is tans aan die gang oor die boek Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika. Dié boek wat deur genl. Jannie Geldenhuys saamgestel is, is onlangs deur Kraal-Uitgewers uitgegee. Klik hier om meer inligting oor die boek te lees.

ʼn Debat het aanvanklik in Beeld begin, en word nou hier, op Dié Groot Debat voortgesit. Om dit vir jou maklik te maak om die debat te volg, volg hier ʼn uiteensetting van die bydraes soos dit ontvang is. Klik telkens op die titel om die volledige artikel te lees:

        1.  Wenners? Ek sien net verloorders geskryf deur Louis Bothma
Gepubliseer op 3 November 2011.

…Maar was daar wenners? Ek sien net verloorders. Kinders wat wees gelaat is; kinders wat in die oorlogsrumoer verwek en hul ouers nooit sal ken nie; burgerlikes wat ledemate verloor het; ander wie se geliefdes gemartel en vermoor is; gemeenskappe wat ontwortel en ontwrig is; ma’s wat nooit sal weet hoe hulle seuns gesterf het nie; en soldate – aan albei kante – wat die pad byster geraak het. Die lysie word net altyd langer. Albei kante het bloed aan hul hande. Die volle waarheid oor die Grensoorlog moet nog uitkom…

        2. Die waarheid wat talle self beleef geskryf deur Johan Kruger
Gepubliseer op 16 November 2011

 “…Die SA Weermag het ná sy “klinkende militêre oorwinning” in Angola nie tot die oorlog van woorde toegetree nie. Daarenteen het die ANC en die Kubane in hul propaganda-oorlog leuens en disinformasie gesaai…”

        3. Ontkenners is die grootste verloorders geskryf deur Marius (Mo) Oelschig
Gepubliseer op 23 November 2011

“…Die SA Weermag, Louis Bothma ingesluit, het die oorlog gewen. Die politici, en dit sluit die huidige regering in, het die vrede verloor…”

        4. Die waarheid sneuwel geskryf deur Louis Bothma
Gepubliseer op 21 November 2011

 “…Solank die stemme van burgerlikes wat deur soldate (aan albei kante) gemoor, verkrag, beroof, aangerand, ontwrig en ontwortel is, nie gehoor word nie, moet ons maar liewer wag met die aanwys van die wenners van die Grensoorlog…”

        5. Debat groter as die deelnemers deur Piet le Roux
Gepubliseer op 24 November 2011

 “…Die belangrikste punt vir die deelnemers is sekerlik tog die onderwerp: begrip vir wat in die oorlog gebeur het en hoe ons vandag daaroor moet dink…”

        6. Wenners van die oorlog deur Leopold Scholtz
Gepubliseer op 28 November 2011

“…My slotsom is dat almal juis gewén het….”

        7. Die hele storie is nog nie vertel deur Jakkie Cilliers
Gepubliseer op 13 November 2011

“…Kat was ’n spesmagteman; Constant Viljoen die konvensionele soldaat. Jannie Geldenhuys was die brug tussen die twee, maar sy geskiedenis van die SAW vertel nog nie die hele storie nie….”

        8. ‘n Ongemaklike waarheid deur Rian Malan
Gepubliseer op 13 November 2011

“…In die geheel beskou ek Ons was daar as ’n belangrike boek ondanks tekortkomings…..”

        9. Suidoos-Angola 1987-1989 in perspektief: Castro, Von Clausewitz en Liddell Hart deur Brig.Gen. JNR (Junior) Botha
Gepubliseer op 29 November 2011

“…Daar is egter, sedert daardie tyd, soveel onwaarhede oor dié gebeure as die “waarheid” verkondig, dat ek nie anders kan as om daarop te reageer nie…..”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

hermann ·

Marius – doen ons tog ‘n guns en verduidelik aan die slim stratege hoekom die “Links om die Lomba” opsie nie uitgeoefen was nie…daar was met al die voorleggings en aanbiedings uitgewys dat dit die beste opsie sou wees – sny QC af van enige logistiese roetes wn gwwn rivier om oor te steek om QC te verower nie- aan die einde vd dag was dit n politieke besluit dat Menongue nie bedreig moet voel nie – en dat die doel nie is om QC te verower nie – stop slegs die aanmars na Mavinga 9met die heel eerste vereiste wat altyd gegeld het – minimum lewensverlies van Dienspligtes).

Moet se dit was nogal insiggewend dat die Kubaanse/FAPLA mag wat die oorlog “gewen” het se offisiere nie vinnig genoeg hul tenks kon agter laat by Lomba, met hul offisiersepoulette sommer binne in die tenks gelos nadat hul dit van hul uniforms afgehaal het.

Dankie aan Genl Geldenhuys om op te kom vir sy voormalige ondergeskiktes en vir die waarheid! Soos altyd my grootste respek vir “Baas Jannie” – professionele beroepsoffisier en ware heer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.