Fietswedren-droom bewaarheid; nou lê driekamp voor

Gerhard Claasen, dr. Jerrie Bezuidenhout, Deon Labuschagne, Fritz Vermaak en James Ross-Marsh het almal saam die 94.7-fietswedren voltooi. Foto: Verskaf.

Gerhard Claasen, dr. Jerrie Bezuidenhout, Deon Labuschagne, Fritz Vermaak en James Ross-Marsh het almal saam die 94.7-fietswedren voltooi. Foto: Verskaf.

Deon Labuschagne ly aan ʼn bipolêre versteuring en fisiese gestremdheid wat sy spiere affekteer, maar dit keer hom nie om sy lewe voluit te leef nie. Deon het reeds die Momentum 94.7-fietswedren in 2014 suksesvol voltooi en beplan om hierdie jaar aan ʼn driekamp deel te neem.

Deon het dr. Jerrie Bezuidenhout, sy psigiater by Vista-kliniek in Centurion, van sy droom vertel om eendag die 94.7-fietswedren te voltooi. Jerrie het dit as ʼn uitdaging gesien en gesê hy sal die fietswedren saam met hom aanpak, alhoewel hy self lanklaas fiets gery het.

Na ʼn jaar van fisiese en geestelike voorbereiding vir die wedren het Deon en Jerrie die wedren saam met die Cape Epic-span fietsryers op 16 November 2014 voltooi. Die Cape Epic-span het self eers die fietswedren voltooi en daarna omgedraai om Deon te ondersteun op die res van die roete. Sy fisiese gestremdheid beïnvloed sy spraak, asook sy vermoë om te loop of te skryf. Maar dit is veral sy balans wat fietsry ʼn verdere uitdaging maak.

Vista-kliniek het die twee geborg om aan die fietswedren deel te neem en het ook gereeld artikels oor Deon se vordering en voorbereiding vir die wedren op Facebook en die webwerf www.mindfulmoments.co.za gepubliseer. Die artikels is onder “Faith Corner” gepubliseer, wat afgelei is van Tim Noakes se siening oor oefening, naamlik: “Practicing is living faith practically. You do something today with the hope of achieving a better outcome in the future”.

“Deon is ʼn inspirasie vir beide die pasiënte en personeel van Vista omdat hy positiewe houding oor die lewe het,” het Nicolene Cronje, bemarkingsbeampte by Vista-kliniek, gesê. “Hy laat nie toe dat sy fisiese of geestelike siekte inmeng met sy drome in die lewe nie.” Die kliniek sal Deon ook ondersteun met sy planne om deel te neem aan die driekamp wat fietsry, swem en draf insluit.
Lees meer oor Deon se inspirerende storie en voorbereiding vir die driekamp op Mindful Moment.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Ek salueer jou! Jy is ‘n wonderlike voorbeeld, hou so aan en sterkte met alles wat jy in die toekoms aanpak!

Lorinda Gerber ·

Ons is almal trots om deel te wees van die Vista-span!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.