Geloftedag: Kyk hier waar is jou naaste Geloftefees

Geloftedag word regoor die land gevier. Argieffoto.

Geloftedag word regoor die land gevier. Argieffoto.

Geloftedag gedenk die gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 afgelê het voor 470 Voortrekkers deur bykans 10 000 Zoeloes by Bloedrivier aangeval is. Die Trekkers het dié veldslag oorwin en slegs een Voortrekker, die leier Andries Pretorius, is lig beseer.

Die gelofte is afgelê  toe die Trekkers vóór die slag die Here gevra het om hulle te help in die geveg. Hulle het ʼn gelofte afgelê en onderneem dat as die Here hulle sou help, hulle elke jaar 16 Desember as Sabbat sou herdenk.

Dié dag word steeds jaarliks herdenk.

Hier is ʼn lys van Geloftefeesvieringe regoor Suid-Afrika. Klik ook na die Geloftefees-kalender vir vier bladsye van gebeurtenisse in al nege provinsies van Suid-Afrika.

Gauteng

  • Pretoria: Geloftediens by die Voortrekkermonument. 16 Desember 07:00-10:00. Besoek die webwerf of bel Annatjie by 012 326 6770.
  • Pretoria: Pioniersentrum, Silverton. 16 Desember 09:00. Bel Dries du Toit by 012 803 3018.
  • Pretoria: Gereformeerde Kerk Wonderboompoort (Genl. Beyersstraat 256, Pretoria-Noord). 16 Desember 09:00. Bel Kobus en Kittie Kok by 082 670 1961.
  • Kafferskraal: Suikerbosrand Geloftefees (GPS 26.546881,28.280225). 16 Desember 10:00. Kontak Lemont Kriel by 084 511 4759.
  • Kleinfontein (naby Pretoria). Kom slaan kamp op en kyk hoe die son opkom. Bel Leoné Kruger by 012 802 0395.
  • Johannesburg: Feesterrein te Albert’s Farm, Waterval. 16 Desember 09:00. Bel Hennie Louw by 073 160 7343.

Mpumalanga

  • Delmas: Afrikaanse Protestantste kerk. 16 Desember 09:00. Bel Annatjie Botma by 083 415 1470.
  • Dullstroom: Hervormde Kerk Dullstroom. 16 Desember 10:00. Bel Marie Bredell by 082 451 1896.

KwaZulu-Natal

  • Scotburgh: NG Kerk Scotburgh 16 Desember 09:00. Bel Louis Radyn by 082 857 2260.
  • Ramsgate: Ramsgate Swemstrand. 16 Desember 09:00. Bring en braai. Bel Wessel Pretorius by 082 318 6195.

Noordwes

  • Swarthoek Geloftefees (op die plaas Doornkloof, Assen, Brits-distrik. 16 Desember 10:00. Bel Dries by 082 806 4320.
  • Brits: Brits Hoërskoolsaal. 16 Desember 09:00. Flip Buys is die spreker. Bel Chris van Wyk by 074 888 4423 of Cor Meintjes by 082 783 0720.
  • Potchefstroom: Roepersfontein-feesterrein. 16 Desember 08:00. Bel ds. JR Nel by 076 527 7706.

Vrystaat

  • Bloemfontein: Dankbaar Geloftefees. 16 Desember. Bel ds. HSW Strauss by 076 672 4322 of Willie Engelbrecht by 082 728 1489.
  • Kroonstad: NG Moederkerk. 16 Desember 09:00. Bel Dries Otto by 082 923 3113.

Limpopo

  • Potgietersrus/Mokopane: Potgietersrus-feesterrein.16 Desember 09:00. Bel Phillip van der Walt by 082 675 5810.
  • Doornfontein: Doornfontein Geloftefeesterrein (21 km van Nylstroom op Vaalwaterpad). 16 Desember 09:00. Bel Mentha Kriel by 076 395 8644.

Noord-Kaap

  • Upington: Volle Evangelie Kerksaal (Jan de Klerkweg, Upinton). 16 Desember 09:15. Bel Yvonne de Jager by 082 338 0934.

Oos-Kaap

  • Queenstown: Tafelbergweg 30, Queenstown. 16 Desember 08:00. Bel Kallie Knoetze by 084 413 6066.

Wes-Kaap

  • Plettenbergbaai: NG Kerk Wittedrif, Plettenbergbaai. 16 Desember 09:00. Bel vir ds. Chris du Preez by 044 535 9439.
  • Oudtshoorn: Oude Muragie-feesterrein. 16 Desember 11:00. Bel Barbara Wasserman by 044 279 1891.
  • Vanrhynsdorp: Lankverwacht-gasteplaas (20 km buite Vanrhynsdorp op R27 na Nieuwoudtville). 16 Desember 08:00. Bel Louis Burger by 074 193 2978.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ludwig ·

Wie van ons het nog die gelofte byderhand wat daardie tyd by Danskkraal buite die huidige Ladysmith afgelê is, sodat ons dit ook aan ons kinders en kleinkinders kan voorhou en hulle die storie van Bloedrivier kan vertel? Hier onder is dit in hedendaagse Afrikaans. Ek het die voorreg gehad om op Danskraal op die plek te staan waar die gelofte die eerste keer afgelê is, en later die inwyding van die Bloedrivier-monument (die laer-monument) as koerantman by te woon. Dit was ‘n belewenis wat ek nie maklik sal vergeet nie.

DIE GELOFTE
My broeders en mede-landgenote,
hier staan ons voor die heilige God
van hemel en aarde
om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat,
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand gee, ons die
dag en datum elke jaar as ‘n
dankdag, soos ‘n sabbat sal
deurbring; en dat ons ‘n huis tot sy
eer sal oprig
waar dit Hom behaag; en dat ons ook
aan ons kinders sal sê dat hulle
met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende
geslagte;
want die eer van sy Naam sal
verheerlik word
deur die roem en eer van die
oorwinning
aan Hom te gee.

chrisp ·

Gaan betaal julle gelofte mense.Ons het dit jaarliks betaal al was ons in ‘n ander land.Maak nie saak waar jy is nie al is jy oorsee betaal hom en gee erkenning.Deel dit met jou kinders dit is deel hiervan.

Rooiman ·

EK KAN NIE GLO WAT EK LEES NIE!!! Geloftedag het NIKS met “Versoeningsdag” te make nie! Versoenigsdag is die kommuniste se manier om ons geskiedenis te verwoes! Hoe kan Maroelamedia eers insinueer dat “versoenigsdag” die gebeure van Bloedrivier gedenk! Geloftedag herdenk Bloedrivier en die Gelofte! Enige iemand wat van 16 Desember praat as “versoeningsdag” is n slapg@t wat agter die kommunistiese regering aankruip! Ek is diep teleurgesteld in Maroelamedia.

Rooiman ·

Ek sien die paragraag wat dit gesê het, is uitgehaal. Dankie Maroelamedia!

Sune van Heerden ·

Dagsê Rooiman

Ons vra om verskoning vir die growwe fout wat oorgesien is.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Willie Beukman ·

Is daar dalk ‘n plek nader aan Kaapstad waarheen ons kan gaan om ‘n Geloftediens by te woon.

Annika ·

Petrus Jaco Zaayman‎ aan Miljoen Stemme Vir Steve
20 ure ·
Die belangrikste een is uitgelaat! Ons Boere en Bikers geloftefees by Bothaville.

Paul Swart ·

In Kaapstad omgewing: die Gereformeerde Kerk Bellville het ‘n Geloftediens om 09:00. Julle is welkom.
Die adres is: Broadwaystraat 6 ,
Vredelust, Bellville 7530
(teenoor die Louis Leipoldt Hospitaal).
Kaart: http://goo.gl/maps/5dWxs

elmarie swart ·

Die Gereformeerde Kerk Bellville het n Geloftediens 9 uur die oggend. Broadwaystraat 6, Vredelust, Bellville. Oorkant Louis Leipoldt Hospitaal. Almal welkom.

Faan Botha ·

Gelofte diens Heidelberg Gauteng area, Bloekomspruit Boeresaal 10:00, vir aanwysings bel 0798208611

Ester ·

Hoe graag wil ek nie deel aan hierdie dag – maar hoe teleurstellend was my laaste Gelofte Diens. In plaas van om al die eer aan ons Hemelse Vader te gee vir die wonderwerk en dat Hy aan ons bewys het dat daar wel ‘n lewendige God is, verander ons kerke dit in ‘n politieke preek – so erg dat mense eerder uitgestap het, Geen eer is bewys – geen gebed van dank…. Wat maak dit dan van ons ……?

Anna ·

Kom gerus na Ewige Lig se Geloftediens toe. Jy sal nie spyt wees nie. Dit is in Montana, Pretoria. Op die hoek van Calliandra straat en Tibouchina straat. Hier is die kaart.

Die diens begin om 09:00.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.