Die video volg onderaan die berig. ‘n Leeu in die Kruger-wildtuin is vyf meter hoog in die lug in opgegooi toe hy deur ʼn buffel bestorm is.
Twee jong leeus het glo ʼn buffel vir ongeveer 45 minute lank bekruip toe een van hulle uiteindelik aanval. Maar hy was só gefokus op sy prooi dat hy nie besef het hy laat homself kwesbaar nie.
Die verstommende beeldmateriaal is tydens ʼn wildsrit vroeg die oggend deur Ian Matheson (52) en sy seun, Oliver (16), verfilm.
Die video is die afgelope twee weke reeds meer as 29 miljoen keer gekyk.
Videograaf: Oliver Matheson / Ian Matheson
Vervaardiger: Thomas Midlane
Regisseur: Joshua Douglas