20-jarige val by God’s Window

God's Window, Mpumalanga

God’s Window, Mpumalanga

Die aanvanklike inligting wat Maroela Media van die paramedici af ontvang het is slegs gedeeltelik korrek. Klik hier vir die jongste nuusberig oor dié man se val. ʼn Man is beseer toe hy 90 meter ver by God’s Window in Mpumalanga geval het, het paramedici Sondag gesê.

“Die man, in sy 20s, het Saterdagoggend vroeg op die rand van ʼn krans gaan staan, en dit het meegegee weens onlangse reënval in die gebied,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, gesê. “Reddingswerkers van plaaslike owerhede het bykans vier ure lank gesukkel om die pasiënt met toue op te hys na veiligheid.”

Guur weer het ʼn helikopter vroeër verhoed om die man by te staan.

“Hy is uiteindelik gered en na die Medi-Clinic Nelspruit geneem. Hy het ʼn hele paar bene gebreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Patricia ·

Dis goed om ons te laat weet want dit kan ander mense waarsku wat in toekoms daar sal wees. Dit is n pragtige plek om e besigtig. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.