‘n 98-jarige vrou van Noordwes is oor die naweek dood in haar huis aangetref nadat sy glo verkrag en verwurg is.
Kol. Emelda Setlhako, ‘n polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Tloung Village, Mahikeng, plaasgevind. “Haar liggaam is Saterdag deur haar kleinkind gevind,” het Setlhako gesê.
“Haar kleinkind beweer hy was op pad na ‘n begrafnis toe hy besluit het om by sy ouma om te gaan. Hy het haar liggaam op die vloer aangetref. Sy was met ‘n kombers toegegooi. Daar was droë bloed op die mat en onder die kombers. Sy het merke aan haar gesig en nek gehad wat aandui dat sy verwurg is,” het Setlhako bygevoeg.
Die polisie ondersoek ‘n aanklag van moord.