Aanranding: Akteur en meisie skik buite hof

Rapulana Seiphemo

Beweringe van ʼn aanrandingsaak teen ʼn Suid-Afrikaanse sepiester was glo ʼn misverstand en die saak is teruggetrek.

Rapulana Seiphemo (45) het Maandag in die Roodepoortse-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van aanranding waar die saak formeel teruggetrek is. Hy en sy meisie het glo buite die hof geskik.

Lehlohonolo Adonisi, Seiphemo se regsverteenwoordiger, het buite die hof aan die media gesê dat sy kliënt geweld teenoor vroue en kinders sterk veroordeel en dat geen geweld in die voorval betrokke was nie. Hy wou nie oor die skikking uitbrei nie.

“Dit is hartseer dat die saak in die hof moes draai, want my kliënt is glad nie ʼn gewelddadige persoon nie,” het Adonisi gesê.

Seiphemo is Saterdagaand in Honeydew, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie aangerand het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.