‘Adv. Barbie’ moet nog sit

Cézanne Visser tydens ‘n hofverskyning op 24 Februarie 2010. Foto: Johann Hattingh/SAPA

Die hooggeregshof in Pretoria het Cézanne Visser, oftewel adv. Barbie, se aansoek om ʼn vonnis-omskakeling verwerp.

Die departement van korrektiewe dienste sê Visser het ʼn dringende aansoek voor die hof gebring om die oorblywende deel van haar vonnis onder korrektiewe toesig uit te dien. Die departement sê die saak is Woensdag met koste van die rol geskrap weens die gebrek aan dringendheid. “Dit beteken dat die oortreder voort sal gaan om haar vonnis in die Pretoria Sentraal-gevangenis uit te dien,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Die departement het reeds vroeër vanjaar gesê dat Visser nie uit die tronk vrygelaat sal word voordat sy vir parool in aanmerking kom en dit toegestaan word nie. Visser het vroeër die jaar aansoek gedoen om ʼn vonnis-omskakeling maar die departement het dit afgekeur en aangevoer dat Visser nie ʼn geskikte kandidaat is vir vonnis-omskakeling nie. Sy het haar toe tot die hof gewend. Visser het in Mei 2010 haar vonnis van sewe jaar tronkstraf begin uitdien nadat haar appèlaansoek van die hand gewys is. Sy is onder meer skuldig bevind aan onsedelike dade met kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.