Afgetrede polisiekommissaris op plaas vermoor

Gerrit Myburgh

ʼn Bejaarde oud-polisiekommissaris, Gerrit ‘Billy’ Myburgh (79), is Maandag op sy plaas naby Heidelberg in Gauteng dood aangetref.

Lt.kol. Katlego Mogale het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voormalige polisiekommissaris se liggaam is deur sy kleindogter in sy kamer aangetref. “Die motief vir die moord is in die stadium nog nie bekend nie,” het Mogale gesê. “Inligting oor die aanval is ook skaars en ons weet nie hoeveel mense by die aanval betrokke was nie, aangesien die man alleen op sy plaas gebly het.”

Die man is vermoedelik aangerand en verwurg. “Ons wag nog vir die uitslag van ʼn nadoodse ondersoek om die amptelike oorsaak van die man se dood te bepaal.”

Die man se voertuig, ʼn swart Mazda 3, is tydens die voorval gesteel, en is later verlate naby Heidelberg opgespoor. “Die voertuig is aan die brand gesteek en was heeltemal uitgebrand toe die polisie Dinsdagoggend in die vroeë oggendure daarop afgekom het,” het Mogale bygevoeg.

Volgens ʼn polisiebeampte, wat anoniem wou bly, is drie vuurwapens en ʼn polisiesabel van die toneel gesteel. Mogale kon dit egter nie bevestig nie en sê hulle wag nog vir die man se familie om vas te stel of daar iets uit die huis vermis word.

“Die polisie ondersoek sake van gewapende roof en moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Mogale versoek enigiemand wat inligting oor die aanval het om die polisie te skakel by 08600 10111.

Lees ook die opvolgberig: Plaasmoord: Oud-polisieman glo met strykyster, kookwater gemartel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

die rede is, hy is wit. die gud het seker weer soos i trop hienas op hom toegesak. vreeslik braaf as hulle in sulke troppe beweeg maar skiet net tussen hulle in dan hardloop hulle soos i klomp tjankende brakke weg. gemors.

Willy ·

Dit is darem net so ‘n sagte teiken om as bejaard en alleen op ‘n plaas te bly in vandag se tyd. Die gemors weet dit en moet net dood maak voor die voet. Om ‘n plaas wat al geslagte lank in die familie is te beveilig het enorme kostes om die skuim uit jou huis te hou. Ons plaashuis het glad nie diefwering of ‘n hoë heining om gehad nie. Ons moes dit met ‘n groot spoed aangebring het.
Sterkte aan die familie in hierdie tyd van rou.

Kaspaas ·

En so, stadig maar seker is FW de Klerk se nalatingskap besig om ons stadig maar seker uit te roei.

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,die “swart moordenaars” het die voertuig aan die brand gesteek,om forensiese getuies te vernietig,,,,,,,,,,misdadigers in Suid Afrika onder die huidige bewind het geen vrees vir die eerste linie van verdediging,naamlik die polisie,ook nie vir die “uitsprake” van regters,en is stadig maar seker besig om die land te regeer,met medewerking van die kabinet,met hulle ooglopende stilte ten opsigte van misdaad teen oor die “witmmense” in Suid Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.