AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’

afriforum-logo-31-320x311AfriForum het hom sterk uitgespreek oor die gru-moorde op ʼn bejaarde Duitse egpaar en hul seun naby Richmond, KwaZulu-Natal.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die regering se stilswye oor plaasmoorde dra by tot aanvalle op boere, omdat die regering geen veiligheidsbystand aan boere lewer nie. Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) is Sondag op hul plaas naby Richmond vermoor. AfriForum meen dat hierdie moorde moontlik voorkom kon gewees het as die regering die veiligheid van boere in die land as prioriteit geag het. “Ons is geskok deur die moorde. Dis onmenslik wreed en steeds bly die regering stil. Dit maak die regering indirek aandadig,” het Cameron gesê.

AfriForum skakel tans met die kantoor van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in KwaZulu-Natal om met die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Ngobeni, in gesprek te tree oor die vlaag plaasaanvalle die afgelope tien dae. “Ons is bewus van sowat 5 aanvalle binne 11 dae. Ons bied nou ons hulp aan die gemeenskappe in sentraal-KwaZulu-Natal om veiligheidstrukture daar op die been te bring, sodat boere vir hulle eie veiligheid kan sorg,” het Chris Fourie, AfriForum se gemeenskapskoördineerder in KwaZulu-Natal, gesê.

AfriForum gaan vandeesweek briewe aan verskeie lande se ambassades stuur om hulle te versoek om hul mense te waarsku teen die geweld in landelike gebiede in Suid-Afrika.

Lees ook:
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grassie ·

Die regering se gesindheid teenoor witmense in hierdie land word baie duidelik weerspieël in gebeure die afgelope klompie dae. Hulle is besig om `n hengse kabaal op te skop omdat `n klompie onskuldige studente volgens hulle mening `n “Nazi saluut” uitgevoer het, maar swyg soos die graf oor hierdie onbeskryflike wrede moord op drie witmense, asook `n hele paar ander moorde en aanvalle op boere die afgelope paar dae. Hulle moet onthou – die meule van God draai stadig maar dit draai onstuitbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.