Amcu stem in tot verdere onderhandelinge

Amcu-lede tydens die staking by die Lonmin-myn in Marikana Foto: @ewnreporter op Twitter

Amcu-lede tydens die staking by Lonmin se Marikana-myn Foto: @ewnreporter op Twitter

Die vakbond Amcu, wie se lede tans aan ʼn staking deelneem by die wêreld se top drie platinummyne, het Donderdag gesê hy is bereid om die onderhandelinge te hervat indien die regering toetree.

Joseph Mathunjwa, hoof van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), het gesê die vakbond sal Vrydag deel wees van die onderhandelinge.

“Dit is ʼn mediasie tussen die vakbonde en die myneienaars,” het Musa Zondi, woordvoerder vir die ministerie van arbeid, aan AFP gesê.

Die mynbase is al lankal gereed vir enige onderhandelings wat die onrus in die mynbedryf kan beëindig. Amcu het egter vroeër gesê hy wil klaring kry by sy lede om deel te wees van die onderhandelinge.

Tot 80 000 platinummynwerkers het Donderdag by Lonmin se Marikana-myn, Noordwes begin staak en dring aan op ʼn intreevlak-salaris van R12 500.

Chris Griffith, hoof uitvoerende beampte van Anglo American Platinum, het gesê sy maatskappy het die aanbod van ʼn “mediasieproses wat deur die regering gefasiliteer word” aanvaar, sodat ʼn skikking bereik kan word.

Ben Magara, hoof uitvoerende beampte van Lonmin, het gesê dit is belangrik dat ʼn positiewe en volhoubare oplossing bereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

gert jacobs ·

Het jul dalk inligting oor die bus ongeluk gister tussen grootvlei kragstasie en balfour

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.