ANC-bekeidskongres: Opsomming oor die eerste dag

President Jacob Zuma

Nasionalisering en grondhervorming is twee van die kwessies wat na verwagting groot aandag sal geniet by die ANC se beleidskonferensie wat Dinsdag by Gallagher Estate, Midrand, agter geslote deure ‘n aanvangs geneem het.

Die konferensie het geopen met ʼn oop sessie deur president Jacob Zuma, waarna die sowat 3 500 afgevaardigdes vir die res van die konferensie agter geslote deure sal vergader. Inligting na buite gaan deur woordvoerders gefilter word.

Omdat die kongres grootliks agter geslote deure gaan geskied, fokus die media baie op pres. Jacob se openingsrede wat oop was vir die publiek en media. In hierdie toespraak het Zuma die volgende stellings gemaak:

  • Die ANC is ‘n gedissiplineerde mag links van die politieke spektrum;
  • Die ANC se simpatie sedert sy ontstaan lê by die armes;
  • Die ANC moet sy waardes beklemtoon – eerlikheid, eenheid, dissipline, harde werk, konstruktiewe kritiek en wedersydse respek;
  • Die geleentheid wat die vierdag-kongres bied moet benut word om die party te suiwer van magsmisbruik, korrupsie en swak dissipline;
  • Die regering moet meer drastiese stappe doen om te verseker dat die welvaart wat blankes nog danksy apartheid geniet, vir swart mense te laat toekom;
  • Myne moet meer opdok om tot die welvaart van die mense by te dra; en
  • Staatsbeheerde maatskappye moet meer werksgeleenthede skep.

‘n Nuwe grondbeleid is bepleit, en Zuma het opgemerk dat die stelsel van gewillige verkoper, gewillige koper, te stadig vorder. Na berig word is Zuma veral hartlik deur die ANC se afvaardigings uit KwaZulu-Natal en die Vrystaat verwelkom. Die ander provinsies se afgevaardigdes was minder opgewonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.