ANC oortuig brand is vuilspel

Polisievoertuie buite Luthuli House Foto: @ewnreporter op Twitter

Polisievoertuie buite Luthuli House Foto: @ewnreporter op Twitter

Die regerende party het Woensdag gesê hy is oortuig daarvan dat ʼn brand wat Dinsdagaand by Luthuli House, sy hoofkantoor in Johannesburg, uitgebreek het, vuilspel is.

Jackson Mthembu, die woordvoerder van die ANC, het gesê ʼn bottel vol chemikalieë wat vermoedelik die vuur begin het, was strategies onder ʼn rusbank in die ontvangs geplaas. Die rusbank het aan die brand geslaan toe die bottel ontplof het. “In ons mening is ons oortuig daarvan dat dit brandstigting is,” het hy gesê.

Hy het gesê die chemikalieë wat in die bottel was, het dampe nagelaat wat steeds in die gebou geruik kan word. Mthembu het bevestig dat die polisie, die polisie se bomeenheid en ander kenners almal eens is dat dit wel ʼn poging tot brandstigting was. “Dit is baie duidelik waarmee ons te doen het, en ons beskou hierdie optrede in ʼn ernstige lig.”

Die ANC het hul teleurstelling oor die voorval uitgespreek en gesê sulke dade het nie plek in ʼn demokratiese nasie nie. “Ons het kanale om kwessies te hanteer en pogings tot brandstigting is nie een daarvan nie; dít is ʼn kriminele misdryf.”

“Suid Afrika het nie sulke voorvalle nodig nie. ʼn Aanval op die kantore van die regerende party of enige politieke kantoor in ʼn demokratiese nasie is iets wat ons nie nodig het nie,” het hy bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig die polisie ondersoek ʼn beweerde brandstigtingsaanval by die gebou. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

JAVR ·

Dit kan net een van hulle boeties wees want ek kan nie sien dat ‘n witman daar op die rusbank kan sit sonder om opgemerk te word nie! Seker nie van die bank gehou nie!

Willy ·

Haha want die rusbanke is bruin en die mure is nie wit geverf nie. Nee wag fout, hulle lê mos altyd op die banke en stoele in publieke plekke.

Trippie ·

Jip, hou van sit op die “9de nekwerwels” … ook maar gelukkig, want daardie dik nekvelle keer dat die nekke nie in spasma gaan. ;)

Willy ·

Dis die metode wat gevolg word wanneer daar gejokkie word vir na die verkiesing posisies.

JAVR ·

More vir julle altwee, Trippie en Willy. Met Segnet praat ek nie vir die hele dag vandag nie! hie hie

Johann ·

M♪resê Trippie. Lekker om die span weer hier te kry.

♪ ♪ ♪

Trippie ·

Hallo Johann, klink soos musiek in my ore !

Happy days are here again … tra-la-la-la … ♫ ♪ !

;)

Willy ·

Môresê Trippie. Lekker om die bekendes hier aktief te sien. Ek hou van die musieknote. Dit lyk stunning!

Trippie ·

As jy dink die musieknote lyk stunning, dan het jy nog nie my mooi stem gehoor nie he he he !

Trippie ·

LoL – nee o jinne, sou graag handjie wou bysit, maar ek dink jy weeg iets soos 100 kilo’s swaarder as die uwe.

Op, op op … !

Stoere Boer ·

Verstaan nie waaroor die ANC onsteld is nie. Hulle het hulle “mense” geleer met geweld, klippe en vuurhoudjies maak jy alles reg. Nou skielik sê hulle “Ons het kanale om kwessies te hanteer en pogings tot brandstigting is nie een daarvan nie; dít is ʼn kriminele misdryf.” Miskien is dit omdat dit ‘n poging was en nie ‘n sukses nie.

JAVR ·

Nee dis omdat dit hulle s’n was wat hulle wou brand en nie ons s’n nie!

Erich Goosen ·

Vuil spel of owerspel? Was Vavi nie dalk in Luthuli Huis nie?

Willy ·

Goeie een Erich!! Ons hoef seker nie te wonder oor daardie een nie.

piet ·

DIE EEN HONGER HOND VREET DIE ANDER HONGER HOND. KAN NET HULLE EIE GESPUIS WEES NIEMAND ANDERS NIE. EK KAN AAN `N HELE PAAR SULKES DINK, NEE EK IS VERKEERD, DIE ANC BESTAAN UIT HULLE.

Ver Van Ryn ·

Die NAZI’s het voor hul aan bewind gekom het die parlamentsgebou in Duitsland afgebrand. Die brandstigting is op oposisie partye blameer, ten spyte van die waarheid is hierdie propoganda opgevreet deur die massas en die bekendste diktator in die geskiedenis van die mens het in beheer gekom. Wel, die ANC het dit seker ook probeer, maar het lankal vergeet hoe om ‘n ordentelike bom te bou…seker omdat die baas-bomplanter nou in ‘n “kritieke, maar stabiele toestand is”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.