Anene Booysen: Hof besoek kroeg

Anene Booysen

Anene Booysen

Die hof het Woensdag ‘n besoek afgelê aan die kroeg in Bredasdorp in die Wes-Kaap as deel van die verkragting- en moordsaak teen Johannes Kana, het die SAUK berig.

Dié kroeg is die laaste plek waar Anene Booysen (17) gesien is voordat sy in Februarie verkrag en geskend is. Sy het die Saterdagmiddag, op 2 Februarie, in die Tygerberg-hospitaal aan haar beserings beswyk.

Kana se hofsaak het Maandag in die Swellendam rondgaande hof begin.

Chrisna Mentoor, een van die getuies, het die plekke rondom die kroeg uitgewys waar Kana en Booysen laas saam gesien is. Volgens die uitsaaier het Kana, sy prokureur, regter Patricia Goliath, die staatsaanklaers en talle polisiebeamptes die toneel besoek.

Maroela Media het vroeër berig die staat het Maandag Kana se pleidooi, dat hy saam met Booysen daar weg is, haar geslaan en verkrag maar nie vermoor het nie, van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Die beskuldigde sou al lank al met die waarheid uitgekom het en soos n voëltjie gesing het as:
1. Dit nou SAP van 1986 was.
of
2.As hy deur die Chinese of Arabiese polisie ondervra was.

In Noord Korea sou die vonnis al voltrek gewees het, sommer agter die polisiestasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.