Argitek en kunstenaar op Nuwejaarsdag vermoor

Rob Meek Foto: IOL

Rob Meek Foto: IOL

ʼn Bekroonde argitek en ʼn kunstenaar is op Nuwejaarsdag in twee afsonderlike voorvalle in Suid-Afrika doodgeskiet, het The Star Donderdag berig.

Rob Meek (62), ʼn argitek en seiljagvaarder, is op die stoep van sy strandhuis in Port St Johns in die Oos-Kaap vermoor. Sy vrou, Di, het aan The Star gesê drie mans met balaklavas het die groep familie en vriende op Oujaarsaand net na middernag genader. Sy sê die mans het niks geëis nie, maar een van hulle het Rob doodgeskiet.

“Die drie het weggehardloop sonder om enigiets te vat,” het Di gesê.

Clinton de Menezes, ʼn Suid-Afrikaanse kunstenaar, is op Nuwejaarsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisbraak in Durban doodgeskiet, het die Mercury berig.

De Menezes, wat by vriende in Berea-Wes in Durban gekuier het, het ʼn vriend gehelp om gewapende rowers te keer om nie by die huis in te kom nie deur ʼn skuifdeur toe te maak. Die rowers het ʼn enkele skoot deur die skuifdeur geskiet en die kunstenaar noodlottig gewond. Die rowers het ʼn selfoon, skootrekenaar en ʼn handsak gebuit.

De Menezes het ʼn paar jaar gelede na Kenia verhuis en het daar saam met sy vrou en dogter gewoon. Volgens die berig is sy werke deel van private en korporatiewe versamelings.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê sewe mans is in verband met dié skietery in hegtenis geneem en sal in die Pinetown-landdroshof verskyn. Hulle word glo ook aan ʼn aantal rooftogte in Westville verbind.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GawieM ·

Die regering is onbevoeg om sy burgers se lewe te beskerm. Korrupsie en selfverryking is hulle eerste prioriteit.

Peter Says ·

Weereens twee sinnelose moorde. n Lewe is baie goedkoop in die land. Simpatie aan die naasbestaandes.

GawieM ·

Die nuwe jaar is aan die begin en klaar doen die land sy naam van die geweldadigste land in die wêreld gestand. Moord en verkragting hoofstad van die wêreld.

Annoniem ·

Zuma,alles die gevolge van die stemreg waarmee jy in jou nuwejaarsrede so mee spog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.