‘n Australiese biblioteek het besluit om boeke oor Lance Armstrong, gevalle fietsheld van Amerika, na die fiksie-afdeling te verskuif.
Die boeke wat glo geskuif word sluit Images of a Champion, The Lance Armstrong Performance Program en Lance Armstrong: World’s Greatest Champion in, maar ook ander boeke wat oor hom handel gaan na die fiksie-afedling van ‘n biblioteek in Sydney verhuis.
Armstrong het oornag ‘n skurk geword na dit bekend geword het dat hy sy jarelange vertonings met verbode middels aangehelp het. Hy is onder meer van sy sewe Tour de France-oorwinnings gestroop, en lewenslank uit die sportsoort geskop.
Die internet word oorstroom van lesers wat boeke oor Armstrong gekoop het, en nou voel hulle is vir die gek gehou.