“Ek het my besluite gemaak. Hulle is my fout,” het Armstrong aan Winfrey gesê, in sy eerste onderhoud nadat hy lewenslank uit die sport verban is en van sy titels gestroop is. “En ek sit hier vandag om dit te erken en om te sê ek is jammer. Ek beskou die situasie as een groot leuen wat ek verskei kere herhaal het.” Armstrong het erken dat hy EPO en testosteroon gebruik het en dat hy bloedoortappings gedoen het. “Ek is net hierdie mitiese, perfekte storie. En dit was nie waar nie.” Armstrong sê hy het geglo dat dit nie moontlik was om fietsryresies te wen sonder om opkikkers te gebruik nie. Armstrong sê in daai tyd het hy dit nie as ʼn verneukery beskou nie en het hy nie gedink hy doen iets verkeerd nie. “Skrikwekkend,” het Armstrong gesê.
Die eerste deel van Winfrey se onderhoud met Armstrong word Vrydagaand om 19:30 op TLC (kanaal 172) op DSTV uitgesaai. Die tweede deel word Saterdagaand op dieselfde kanaal en om dieselfde tyd uitgesaai.
Ek glo steeds hy is “skoon” en onskuldig. Hy word afgepers om hierdie vals bekentenisse te maak.