AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle

Cornelia de Wet. Foto: Volkstaat.net

Cornelia de Wet. Foto: Volkstaat.net

Cornelia de Wet, ʼn bekende lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), het Woensdag aangevoer dat sy deel was van ʼn “moordbende” wat die Steenkamp-gesin van Griekwastad vermoor het.

De Wet (37), wat tans in aanhouding is, het uit die Kimberley-tronk eksklusief aan die Diamond Field Advertiser-koerant beweer sy het ʼn rol gespeel in die moorde. Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek vermoor.

Sy het Woensdag beweer sy was teenwoordig tydens die aanval en kan selfs Deon se laaste woorde onthou. Sy het haar rol in die uitvoering van die aanval verduidelik en gesê ʼn bedrag van R100 000 is aangebied vir die moorde.

Sy beweer drie mans was deel van die bende. Sy voer aan die eienaar van ʼn veiligheidsmaatskappy was die meesterbrein van die aanval. Sy beweer hy is verantwoordelik vir ʼn reeks plaasmoorde om boere en hul gesinne in vrees te laat lewe sodat hulle van sy maatskappy se dienste gebruik sal maak, en om rassehaat aan te wakker.

De Wet het Woensdag met die tiener, wat van die gesin se moorde aangekla word, se verdedigingspan vergader. Sy het ʼn verklaring aan hulle oorhandig wat glo in die verhoor gebruik gaan word. Sy het ook ʼn beëdigde verklaring by die polisie afgelê.

Sy beweer die Steenkamp-moorde was nie die eerste plaasaanval waarby sy betrokke was nie. Weens ʼn tydbeperking kon sy egter nie besonderhede van ander plaasaanvalle verskaf nie.

De Wet het in detail die Steenkamp-moorde beskryf. Klik hier om meer te lees. Sy sê die gesin was geskok om te sien dat dit witmense is wat hulle vermoor. Deon se laaste woorde was glo: “Here, vergewe hulle.”

Sy voer aan hulle het doelbewus nie die Steenkamps se tienerseun, Don, geskiet nie. Sy het nie hieroor verdere besonderhede verskaf nie.

Sy het glo besluit om na vore te kom omdat haar gewete haar pla en dat die tienerseun, wat van die moorde beskuldig word, onskuldig is.

De Wet is op 29 Mei 2012 in hegtenis geneem op 40 aanklagte, waaronder hoogverraad, terrorisme en die besit van ammunisie en plofstof. Al die aanklagte is teen haar laat vaar buiten die besit van ammunisie en plofstof. Sy verskyn 28 November weer in verband met die aanklag in die hof. Sy beweer die ammunisie en plofstof behoort aan een van die mans wat ʼn lid was van die bende.

Sy vrees selfs in die tronk vir haar lewe, aangesien die bende haar glo wil vermoor om haar “stilswye te verseker”. Sy was glo op 27 April 2012 ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval. Sy het dit oorleef en hou vol dit was ʼn poging om haar ná die Steenkamp-moorde te vermoor.

Sy beweer sy is al vandat sy 15 jaar oud was by die AWB betrokke en dat sy by hulle opleiding ontvang het.

Stoffel de Jager, prokureur vir die verdediging in die moordverhoor, het Woensdag bevestig dat hulle met ʼn getuie by die Kimberley-gevangenis vergader het, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Grobbie ·

Ek weet ook nie so mooi nie. Maar as dit wel so is, dan weet ek nie wat my die kwaadste maak nie…Die plaasmoorde of hierdie geval waar mense so kan opstaan teen hulle eie mense. DIS NOU VIR JOU HOOGVERRAAD.

Lea ·

As sy skuldig is… sit die GEMORS voor ‘n vuurpeleton en skiet haar dood asb.
Sy en haar trawante is die naam BLANKE nie werd nie !!

Alta Potgieter ·

N onskuldige seun het as gevolg van hulle n traumatiese tyd deur gegaan, en nog steeds….ek hoop geregtigheid sal nou seevier

MINKI ·

EK KAN DIT NIE GLO NIE,EK VOLG DIE SAAK AL VAN DIE BEGIN AF EN EK KRY SOMER HOEDERVLEIS TOE EK DIE LEES!!!EKS REGTG GESKOK

henk hefer ·

Indien sy die waarheid praat, sê dit nie veel van die ondersoekbeampte in die saak nie. Ook die tienerseun se regspan het nie hul werk na behore gedoen as hulle nou nog nie die klagte, teen die seun, as gefabriseerd kon bewys nie. My gevoel is egter dat De Wet, om een of ander rede, die storie uit haar duim suig. Iemand wat betrokke is by sabotasie, se woord behoort nie sommermeer as waar aanvaar te word nie. As sy egter die waarheid praat en dit kan bewys word, hoop ek die seun ry die SAPS tot by oom Daantjie in die kallerhok en dan nog so’n entjie verder.

Tersia ·

Dit is skokkend , die arme jong seun ,maar hoe hartseer , dat daar soveel ,bewerings was .
My gevolgtrekking is dat die seun , verslae was , hope sou hy sy onskuld ooit kon bewys ?
Dit wys maar net dat God in beheer is .
Daar is nie plek in ons land vir mense , sulke vèr – regse , organisasies , moet verbied word .

Tersia ·

Dit is skokkend , die arme jong seun ,maar hoe hartseer , dat daar soveel ,bewerings was .
My gevolgtrekking is dat die seun , verslae was , hope sou hy sy onskuld ooit kon bewys ?
Dit wys maar net dat God in beheer is .
Daar is nie plek in ons land vir mense , sulke vèr – regse , organisasies , moet verbied word .

Vra maar net ·

Jammer Tersia, maar wanneer was God in beheer?

Toe die gesin een vir een vermoor is, of toe die dogter verkrag is, of toe die kind in die hof as beskuldigde aangekla is?

Ek vra maar net….

Indien hy in beheer was, hoekom stop hy nie die wreedhede nie, of kyk hy maar net rustig toe en DAN wanneer hy dan so voel, dan vat hy weer beheer! Belaglik!

Lolliepop ·

Klink vir my na n wolhaarstorie. Om watter rede het hul die seun nie geskiet nie?

Dries ·

Dis nou die grootste pot str@nt ek nog in my lewe gehoor het !!!!!!!!

Hennie van der Merwe ·

Daar kan nie nou onomwonde aanvaar word dat daar enige waarheid in hierdie “slenter” van de Wet steek nie. Geld speel in die meeste gevalle ‘n leidende rol in moordsake. Ek is oortuig daarvan dat hierdie sieklike sogenaamde openbaring hom ten doel stel om die blaam op die beskuldigde te laat ontspoor!

Cecil Petersen ·

Haai ek wil graag he jy moet ons help om die saak tussen FSB & ‘n maatskapy Ledimar Stock trading Academy te help ontbloot in die openbaar want ek voel ons (kliente van ledimar) & gewone burgers van die land, word nou spreekwoordelik, die grond wat verwoes word te midde van die geveg tussen 2 olifante, Die land se grondwet kom nou nie te sprake waneer dt kapitalisasie bedreig. Ek sal graag wil he ons moet ook kans gegee word om ons saak te stel in pleks van die hof in die stilte oor ons lot beslis sonder ons .

Andre Niemann ·

Dink sy het een aand “Platteland” gekyk en daarna op haar kop geval en dit as die waarheid aangeneem. Indien daar al reeds ‘n paar moorde deur hulle in die omgewing gepleeg is, wie is oor om die veiligheidsmaatskappy te ondersteun. Hoekom sal haar gewete haar nou skierlik pla indien sy al reeds soveel moorde agter die rug het. Hierdie tipe moordenaars se gewete pla hulle nie, al word imand anders daarvan verdink.

giel ·

Mmmmm en die krap merke op die seun??? die seun se versteekte t hemp?????
Antie jy het n gesonde verbeelding……….drink nog n dop en skryf n boek.

Andreas Meyer ·

Sy’s blykbaar nie ‘n AWB lid nie, maar ‘n polisie-informant. Of dit waar is of nie, dit tel teen die ANC-Regime en teen die belhammels wat nou probeer volksmoord met dit verdoesel.

Annatjie ·

Jammer om te se maar watter blanke persoon vertrou jy in elk geval? Met ‘n anderskleurige weet jy om jou een oog agter jou kop vas te sit want hy gaan jou van agter vat maar mense as jy nie jou eie nasie kan vertrou nie is jou land daarmee heen, en dis nou net hoekom ons s’n so lyk. Wie skiet jy eerste as daar regtig oorlog kom? Se my ek sal graag wil weet want ek skiet beslis die blanke wat aan die verkeerde kant van die draad staan heel eerste hy is vir sy mense niks nee minder as niks werd nie

johan ·

unette Bridges > Sunette Bridges
PERSVERKLARING VAN DIE AWB OOR CORNELIA DE WET

Na berigte wat deur News 24 versprei word waarin ’n sekere Cornelia de Wet uitgemaak word as ’n lid van die AWB (Afrikaner Weerstands Beweging) word die AWB genoodsaak om hierdie persverklaring uit te ryk:

Die AWB kan nie verantwoordelik gehou word vir enige lid, voornemende lid of dan enige persoon wat hom of haarself wil voordoen as lid van die AWB, se doen en late nie. Dit is waansinnig om te dink dat ’n Beweging soos die AWB, ’n Beweging wat hom beywer vir die beskerming van sy lede en ander blanke lede van die publiek, homself sal skuldig maak aan die aantygings van Me. Cornelia de Wet. Dit is werklik verstommend om te hoor dat amper almal alles glo wat sy sê.

Vra uself gerus die vrae:

Is die vrou se bewerings al enigsins getoets, NEE.

Is ons oortuig daarvan dat Cornelia de Wet wel ‘n AWB lid is of was, NEE.

Om ’n tragiese en hartverskeurende geval soos die moorde op die Steenkamp Familie te wil gebruik om sensasie te soek in en deur die media, gaan enige een se verstand te bowe! Om dan nou weereens die sogenaamde regses se moordbendes te wil gebruik as lokaas, is weereens net die liberalistiese media se manier om nog meer geld uit die reeds verarmde gemeenskap te trek. Dus word die tragiese moorde op ’n familie gebruik om sensasie te kry en is dit net nog ’n poging om tweespalt in die blanke samelewing te bewerkstellig.

In dieselfde asem word die AWB, Leeuwag en BBF genoem, organisasies wat hoegenaamd niks met mekaar te doen het nie! Het dit dan nou die media, en ook natuurlik die sosiale media, se enigste manier geword om publikasies te verkoop? Haal ’n regse organisasie se naam aan en maak geld! Hoekom word moordenaars, verkragters en kindermolesteerders nie gekoppel aan ’n politieke party nie? Hoekom slegs wanneer daar van blankes geskryf word, word hulle dadelik as regses uitgebeeld wat net wil bomme plant?

Hiermee dan distansieer die AWB homself van die doen en late van Me. Cornelia de Wet.

Steyn von Rönge

Leier van die AWB

sarie wentzel ·

Wel,as die AWB nou verander teen oor die blanke ,ons moet bekommerd raak,Hoe kry ‘n blanke dit reg om ‘n ander blanke familie te vermoor,sluit toe en gooi die sleutel weg.

lorayne ·

EN??? die vrou is op vrye voet? sluit haar toe en gooi die sleutel weg! Met al die stories wat sy al versprei het om aandag te kry, kan sy gerus ingeboek word by Weskoppies se HEAVY duty afdeling!

Deon ·

Skokkend!!! Hoekom nou?! Nou dat ons strewe na selfbeskikking so aktueel raak?! Wie kan mens nog vertrou?!

Franshwa ·

Hi Boere
Hierdie is skokkend. Dit wys net vir my dat vyande van ons (die Boere) nie net swart is nie. ‘n Wit vel wat sy eie nasie uitvermoor vir geld verdien nie om te lewe nie. Ek kan nie wag vir die nuwe blanke regering wat spoedig sy verskyning sal maak nie (spoedig kan dalk langer wees as spoedig maar is nietemin verseker). Hierdie sal nie toegelaat word in die nuwe regering nie, dit is dieselfde as wat ons vandag beleef onder ‘n swart regering. AAGH ons is steeds daar, maar nie vir lank nie. Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.