Baanbreker hofsaak vir openbare skole vandag aangehoor

Die konstitusionele hof in Johannesburg gaan Donderdag argumente aanhoor oor wie die finale sê het oor skooltoelating in openbare skole – die skool se beheerliggaam of die regering.

Dit volg na ʼn geding ontstaan het tussen die Gautengse departement van onderwys en Laerskool Rivonia in Sandton toe die laerskool in 2011 geweier het om ‘n graad 1-leerling in die skool toe te laat omdat hulle vol was. Die departement het daarna ingetree en die skool se beheerliggaam aangesê om die leerder toe te laat. Die geding het ontstaan om te bepaal wie die finale sê het in die toelating van leerlinge en om die kapasiteit van skole te bepaal.

Die uitspraak gaan ook ʼn invloed in ʼn soortgelyke geval van ʼn skool in Fochville in die Wes-Rand hê. Hoërskool Fochville, wat ʼn Afrikaanse toelatingsbeleid volg, het glo Engelssprekende leerlinge toegang verbied. Die skool weier om ʼn dubbel-medium skool te word en bewerings word gemaak dat die skool diskrimineer op grond van leerlinge se ras. Dié saak sal in ʼn latere stadium ook in die konstitusionele hof aangehoor word.

Intussen het vakbondfederasie Cosatu gesê die gevolge van die saak gaan die hele land raak want dit kan dit vir minderbevoorregte leerlinge moeiliker maak om toegang tot skole te bekom. Na verwagting gaan die groep Section 27, Cosatu en ouers van Fochville vandag by die hof betoog.

Lees ook:
Rivonia-uitspraak ‘n oorwinning vir alle oud-model C-skole
Skoolhoof pleit skuldig
Skoolhoof pleit onskuldig
Rivonia-skoolhoof voor dissiplinêre verhoor gesleep

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.