Baard-moord: Verdagtes borg geweier

Betogers buite die hof. Die foto is deur @_AbuBakr_ op Twitter gelaai.

Die twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle ʼn 27-jarige Moslem-man doodgeslaan het, is Maandag borgtog in die Krugersdorp-landdroshof geweier.

Die twee verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op Mohammed Fayaz Kazi. Kazi is na bewering doodgeslaan nadat hy by ʼn kitskosrestaurant in Magaliesburg oor sy baard gespot en “Osama Bin Laden” genoem is. Die moord is uit talle oorde veroordeel en as rassisties en Islamofobies bestempel.

Die verdagtes se name is nog nie bekend nie. Familielede, die publiek en media is toegang tot die hof geweier. Die saak is tot 21 Augustus uitgestel. Albei mans word aangekla van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.