Baard-moord: Verhoordatum weer uitgestel

Zayne van Tonder (links) en Roedolf Viviers (regs). Die aanklagte teen Van Tonder is verlede jaar teruggetrek. Foto: SAPA

Rudolph Viviers, wat daarvan verdink word dat hy ‘n Moslem-man in Augustus verlede jaar doodgeslaan het, het vandag vlugtig in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.

Die saak is tot 15 April uitgestel omdat sy verhoordatum nog vasgestel moet word. Viviers (28) en sy vriend Zayne van Tonder (33) het Mohammed Fayaz Kazi (27) glo op 6 Augustus 2012 by ʼn kitskosrestaurant in Magaliesburg aangerand. Viviers en Van Tonder het hom glo oor sy baard gespot en hom “Osama Bin Laden” genoem. Kazi het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die aanklagte teen Van Tonder is in November teruggetrek. Viviers is op 26 Februarie borgtog geweier en bly in polisieaanhouding.

Lees ook:
Baard-moord: Verdagte borgtog geweier
Baard-moord: “Ek hoop die waarheid kom uit”
Baard-moord: Verdagte borg geweier
Baard-moord: Verdagtes hoor Woensdag oor borg
ANC “hartseer” na moord op Moslem
Baard-moord: Verdagtes borg geweier
Baard-moord: Twee in hof
Baard-moord: Tweede verdagte agter tralies
Baard-moord: Verdagte vas
Baard-moord: Verdagtes nog soek
Man in Magaliesburg doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.