Bejaarde vrou vir ure in warm kar toegesluit

ʼn Bejaarde vrou in haar tagtigs, moes Dinsdagmiddag vir hitte-uitputting behandel word nadat sy in ʼn voertuig by ʼn winkelsentrum in Boksburg toegesluit was.

“Die polisie en paramedici is omstreeks 16:00 ontbied nadat die vrou verbygangers se aandag in die parkeerterrein getrek het. Die voertuig het in die son gestaan. Met ons aankoms was die vrou steeds in die kar, die deure was gesluit en al die vensters was toe,” het Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.

Die polisie het die voertuig oopgemaak waarna die vrou behandel kon word. Na wat verneem word, was die bejaarde vrou vir langer as twee ure in die voertuig. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.