AlgoaFM berig dat die familie ʼn beloning van R50 000 uitgeloof het. Die familie het ook ʼn beroep gedoen op vrywilligers om hul by te staan met die soektog. Pike se enkelsitplek-vliegtuig was een van drie ligte vliegtuie wat Woensdag na Port Elizabeth gevlieg het. Pike se vliegtuig het egter nooit in Port Elizabeth aangekom nie. Die drie vlieëniers het glo verskillende roetes gevlieg nadat daar digte mis opgesteek het. Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê ʼn reuse soektog is intussen na die vermiste vliegtuig van stapel gestuur. Govender sê hulle het talle oproepe ontvang van lede van die publiek oor moontlike waarnemings van die vliegtuig. “Ons het dit ondersoek maar daar was geen positiewe resultate sover nie.” Pike moes glo die naweek aan die Mosselbaai-lugskou deelneem.
Lees meer hier.
Bron: AlgoaFM