Bendegeweld: Nóg tieners in Kaapstad doodgeskiet

geweerTwee tieners is Saterdagaand in Kaapstad doodgeskiet nadat hulle glo in die spervuur van ʼn bendegeveg beland het.

Kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die voorval het omstreeks 20:00 in Skorpalstraat in Mitchell’s Plain plaasgevind. Twee mense is ook tydens die oor-en-weer-skietery gewond.

“ʼn 12-jarige meisie en ʼn 15-jarige seun is op die toneel dood verklaar. Die ander twee mense is ernstig gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling,” het Kinana gesê.

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het Woensdag berig dat nóg ʼn tiener in ʼn vermeende bendeverwante skietery gesterf het nadat hy in die spervuur beland het.

Lees meer hier:
Tiener in Kaapstad doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.