Beskuldigde in Bronn-moordsaak kry borg

Bronn se liggaam word uit sy huis in Groenpunt verwyder. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die gaynagklub-eienaar, Bruno Bronn, vermoor het, is Maandag borg toegestaan in die Kaapstadse landdroshof.

Kurt Erispe (35) is op borgtog van R10 000 vrygelaat en die saak is uitgestel tot 7 Maart. Bronn se lyk is op 7 Februarie in sy huis in Groenpunt gekry. Hy het op sy rug gelê en sy hande was voor sy lyf vasgemaak. Hy het merke op sy nek gehad. Die hof het gehoor dat Erispe geen vorige skuldigbevindings of hangende sake teen hom gehad het nie. Erispe mag nie met die staat se getuies kontak maak, sy adres verander of die Wes-Kaap verlaat sonder toestemming van die ondersoekbeampte nie. Erispe het saam sy drie medebeskuldigdes – John Frederick Coetzee (36), Fareez Allie (29), en Achmat Toffa (35) – in die hof verskyn. Coetzee sou ook vir borg aansoek doen maar het sy aansoek laat vaar. Allie en Toffa sal na verwagting tydens hulle volgende hofverskyning om borg aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.