Blinde met gidshond uit restaurant gejaag

’n Blinde vrou met ʼn gidshond is glo op Kersdag uit ʼn McDonalds-restaurant in Pretoria gejaag.

Die Burger berig dat Sanet Gouws (33) saam met haar gidshond, Grover, en haar ma en suster ʼn melkskommel by ʼn McDonalds in Mayville, noord van Pretoria, bestel het. Hulle het glo eenkant in die restaurant gaan sit toe een van die werkers glo na hulle toe gekom het en gesê het dit is teen McDonalds se beleid om honde in die restaurant toe te laat. Hulle is glo aangesê om hulle melkskommels buite te gaan drink hoewel hulle verduidelik het dat dit ʼn gidshond is. Gouws bly in Worcester maar kuier tans by haar familie in Pretoria. Die bestuurder van die betrokke McDonalds wou nie kommentaar lewer nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.