Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal

Thomas Ferreira. Foto: Facebook

Die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, se kantoor sê hulle is steeds verbind tot hulle belofte om ʼn matriekseun wat deur ʼn bloulig-motor omgery is, geldelik by te staan.

EWN berig dat Mokonyane haar egter nog nie daartoe verbind het om Thomas Ferreira se hospitaalrekening te betaal nie. Ferreira (18) is op Saterdag 5 November deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery in Krugersdorp. Ferreira was op sy motorfiets onderweg na Randfontein toe hy deur ʼn wit BMW X5 raakgery is. Ferreira sal na verwagting binnekort na ʼn rehabilitasiesentrum geskuif word, wat die gesin sowat R12 000 per maand uit die sak kan jaag. Die premier se woordvoerder Xoli Mngambi het gesê: “Ons verbintenis tot die gesin bly staande en ons het gesê dat ons in gesprek is met die Ferreira-familie. Ons is nie in staat om dit met die media te bespreek nie. ” Ferreira se pa, Paul, sê intussen dat sy seun permanente breinskade opgedoen het maar dit nog nie duidelik is wat die effek hiervan op hom gaan wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.